JOHANNES 17:11
JOHANNES 17:11 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal nie meer lank op die aarde wees nie, maar hulle sal op die aarde wees, en Ek kom na U toe. “ Heilige Vader, U het u Naam vir My gegee. Daarom vra Ek dat U hulle moet beskerm met u Naam. Dan kan hulle saamwerk soos Ek en U saamwerk.
JOHANNES 17:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
JOHANNES 17:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.
JOHANNES 17:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is nog in die wêreld, en Ek kom na U. Heilige Vader, bewaar hulle wat U aan My gegee het in u Naam, sodat hulle, net soos Ons, een kan wees.
JOHANNES 17:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou is Ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld, en Ek kom na jou toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam dié wat U My gegee het, sodat hulle net soos ons een kan wees.