JOHANNES 15:9-10
JOHANNES 15:9-10 Bybel vir almal (ABA)
“Die Vader is lief vir My. So is Ek ook lief vir julle. Julle moet vashou aan my liefde, my liefde moet vir julle baie belangrik wees. Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde.
JOHANNES 15:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
JOHANNES 15:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.
JOHANNES 15:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly.
JOHANNES 15:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad: bly in my liefde. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly; net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar het en in sy liefde bly.
JOHANNES 15:9-10 Die Boodskap (DB)
“As julle My getrou volg, sal die wêreld God werklik raaksien vir wie Hy is. “Ek het julle net so lief soos die Vader My liefhet. Wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe. Julle vra: Hoe kry ’n mens dit reg? As julle doen wat Ek vra en dit goed doen, wys julle hoe julle my liefde vir julle waardeer en geniet. Ek doen dit self. Ek doen wat my Vader vra omdat Ek sy liefde vir My so waardeer.
JOHANNES 15:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly. As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het.