JOHANNES 15:6
JOHANNES 15:6 Bybel vir almal (ABA)
As mense nie by My bly nie, dan sal met hulle gebeur wat met lote gebeur wat nie vrugte dra nie. Die mense gooi daardie lote weg, en dit word droog. Later vat hulle dit en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
JOHANNES 15:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
JOHANNES 15:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
JOHANNES 15:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand nie in My bly nie, word hy soos 'n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
JOHANNES 15:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos 'n loot en verdroog; en mense maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en hulle word verbrand.