JOHANNES 15:16-17
JOHANNES 15:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Julle het My nie gekies nie, Ek het julle gekies. Ja, Ek het julle gekies en aangestel om vrugte te dra, vrugte wat nie sleg word nie. Dan sal die Vader vir julle alles gee as julle dit vra omdat julle aan My behoort. Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir mekaar.”
JOHANNES 15:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.
JOHANNES 15:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”
JOHANNES 15:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”
JOHANNES 15:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en julle vrug kan bly; sodat alles wat julle van die Vader in my Naam vra, Hy dit vir julle kan gee. Hierdie dinge beveel ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.
JOHANNES 15:16-17 Die Boodskap (DB)
Julle het Mý nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met ’n doel gekies: julle moet ’n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet ’n permanente verskil in hierdie wêreld gaan maak. Vra God om julle daarmee te help en Hy sal dit doen. Onthou wat die verskil maak: julle moet mekaar liefhê.”
JOHANNES 15:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.”