JOHANNES 14:8-9
JOHANNES 14:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’?
JOHANNES 14:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Filippus sê toe vir Hom: “Here, wys ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” Jesus sê vir hom: “Ek is al so 'n lang tyd by julle, en het jy My nie leer ken nie, Filippus? Wie My gesien het, het die Vader gesien. Waarom sê jy dan, ‘Wys ons die Vader?’
JOHANNES 14:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Filippus het vir Jesus gesê: “Here, U moet asseblief vir ons die Vader wys. Dan sal ons tevrede wees.” Jesus het vir hom gesê: “Filippus, Ek was 'n lang tyd saam met julle. Ken jy My nie? Jy moet onthou: Wanneer iemand My gesien het, dan het hy die Vader gesien. Hoekom vra jy Ek moet vir julle die Vader wys?
JOHANNES 14:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
JOHANNES 14:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Is Ek so lank by jou, en ken jy My nie, Filippus? wie My gesien het, het die Vader gesien; en hoe sê jy dan: Toon ons die Vader?
JOHANNES 14:8-9 Die Boodskap (DB)
Filippus vra toe: “Here, waar’s die Vader? Wys Hom vir ons. Dan sal ons tevrede wees en niks verder vra nie.” “Ai, Filippus, Ek is al so lank by julle en nou nog weet julle nie wie Ek regtig is nie. Luister mooi. Wie My gesien het, het ook die Vader gesien. Hoe kan jy nou nog vra dat Ek julle die Vader moet wys?
JOHANNES 14:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe sê Filippus: “Here, wys ons net die Vader en dit is vir ons genoeg.” Jesus antwoord hom só: “Ek is al vir só ’n lang tyd by julle, Filippus, en jy ken My nog nie? Wie My reeds gesien het, het ook reeds my Vader gesien. Hoe sê jy dan: ‘Wys ons die Vader’?