JOHANNES 14:18-20
JOHANNES 14:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
JOHANNES 14:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek los julle nie alleen soos kinders wat nie 'n pa en ma het nie. Ek kom weer terug na julle toe. Ná 'n kort tydjie sal die mense wat aan die wêreld behoort, My nie meer sien nie, maar julle sal My sien. En omdat Ek altyd lewe, sal julle ook lewe. Dan sal julle weet Ek is by die Vader en julle is by My en Ek is by julle.
JOHANNES 14:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
JOHANNES 14:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.
JOHANNES 14:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog 'n kort tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek leef en julle sal leef. Op daardie dag sal julle weet: Ek is in my Vader, en julle in My en Ek in julle.
JOHANNES 14:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal jou nie troosteloos laat nie: Ek sal na jou toe kom. Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My; omdat Ek lewe, sal julle ook lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
JOHANNES 14:18-20 Die Boodskap (DB)
“Ek self sal ook na ’n rukkie na julle toe terugkom. Ek sal julle nie soos verlore weeskinders hulpeloos en alleen los nie. Maar wanneer Ek terugkom, sal Ek nie wees soos Ek nou is nie. Ongelowige mense sal My glad nie kan sien nie. Julle sal My goed kan ‘sien’, en weet julle hoekom? Julle sal nie meer net fisiek lewe nie, maar geestelik ook, net soos Ek. Julle sal dan agterkom hoe intiem die verhouding tussen My en my Vader is. Net so intiem sal julle verhouding met My en my verhouding met julle wees.
JOHANNES 14:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek sal julle nie soos wesies in die steek laat nie; Ek kom terug na julle toe. Nog net ’n klein tydjie en die wêreld sien My nie meer nie, maar julle sien My nog, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Op daardie selfde dag sal julle goed weet dat Ek in ’n hegte verhouding met my Vader leef, en julle met My, en Ek met julle.