JOHANNES 14:14
JOHANNES 14:14 Bybel vir almal (ABA)
Ja, as julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit vir julle doen.”
JOHANNES 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
JOHANNES 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
JOHANNES 14:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
JOHANNES 14:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
JOHANNES 14:13-14 Die Boodskap (DB)
Hoe gaan julle dit regkry om meer te doen? Om met God te praat deur middel van gebed gaan julle baie help. Ek sal vir julle gee wat julle vra, maar dan moet julle dit vra in gehoorsame afhanklikheid van My. Wat julle so vra, sal Ek gee. Dan sal julle dieselfde wonderlike dinge as Ek doen. Die gevolg sal wees dat God so deur My toedoen vereer word.