JOHANNES 13:36
JOHANNES 13:36 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Simon Petrus vir Jesus: “Here, waarnatoe gaan U?” Jesus het vir hom gesê: “Jy kan nie nou saam met My kom nie. Jy sal later kom.”
JOHANNES 13:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.
JOHANNES 13:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simon Petrus vra toe vir Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My volg.”
JOHANNES 13:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simon •Petrus vra Hom toe: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy volg.”
JOHANNES 13:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie; maar jy sal my daarna volg.