JOHANNES 13:33-34
JOHANNES 13:33-34 Bybel vir almal (ABA)
My liewe vriende, Ek sal nog net 'n kort tydjie by julle wees. Julle sal My soek, maar Ek sê nou vir julle wat Ek vir die Jode gesê het: Ek gaan na 'n plek, julle kan nie daarnatoe gaan nie. Ek gee nou vir julle 'n nuwe wet: Julle moet lief wees vir mekaar. Julle het gesien hoe lief Ek vir julle is. Daarom moet julle ook so lief wees vir mekaar.
JOHANNES 13:33-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie — so sê Ek nou ook vir julle. 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
JOHANNES 13:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
My kinders, Ek is nog net 'n klein rukkie by julle. Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie. Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.
JOHANNES 13:33-34 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, my tydjie by julle raak nou min. Ek gaan weg en julle sal My soek, maar My nie kry nie. Julle sal nie kan kom waar Ek gaan nie. Ek het dit mos al vir die Jode gesê. Nou sê Ek dit vir julle ook. “Julle moet mekaar liefhê. Dit verwag Ek van julle. Kyk hoe lief het Ek julle. Laat dit vir julle die voorbeeld wees van hoe lief julle mekaar moet hê.
JOHANNES 13:33-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kinders, Ek is nog net vir ’n kort tydjie by julle. Julle sal My soek, maar soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou weer vir julle: Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie. Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê.