JOHANNES 13:3-5
JOHANNES 13:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het geweet dat die Vader gesê het Jesus mag oor alles en almal regeer. Jesus het ook geweet Hy self kom van God en Hy gaan weer terug na God toe. Daarom het Jesus opgestaan van die tafel. Hy het sy bo-kleed uitgetrek en Hy het 'n doek vasgemaak om sy lyf. Slawe het dit altyd gedoen wanneer hulle mense bedien het. Toe gooi Jesus water in 'n bak. Hy het begin om die dissipels se voete te was. Hy het ook hulle voete afgedroog met die doek wat om sy lyf was.
JOHANNES 13:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan, van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.
JOHANNES 13:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
JOHANNES 13:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het, en dat Hy van God gekom het en weer na God terugkeer. Daarom het Hy van die ete opgestaan, sy boklere uitgetrek, 'n linnedoek geneem en dit om Hom vasgebind. Toe gooi Hy water in die waskom en begin om die voete van die dissipels te was en dit met die linnedoek wat om Hom gebind was, af te droog.
JOHANNES 13:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus weet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God gegaan het; Hy staan op van die maaltyd en het sy klere uitgelê; en hy het 'n handdoek geneem en hom omgord. Daarna het Hy water in 'n skottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en dit af te vee met die handdoek waarmee Hy omgord was.
JOHANNES 13:3-5 Die Boodskap (DB)
Dit het Jesus nie bang gemaak nie. Hy het van God af gekom en moes nou teruggaan. Boonop het Hy alles onder beheer gehad. Daarvoor het God gesorg. Jesus staan toe op en bind ’n handdoek om sy middel vas. Hy maak toe ’n bak vol water en begin sy volgelinge se voete een vir een was. Met die handdoek om sy lyf droog Hy hulle voete af.
JOHANNES 13:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het geweet dat die Vader alles tot sy beskikking gestel het, en dat Hy van God gekom het en weer na God teruggaan. Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was.