JOHANNES 13:14-20
JOHANNES 13:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” “Ek praat nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het. Maar die Skrif moet vervul word: ‘Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek.’ Ek sê dit nou al vir julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat Ek is wat Ek is. Dit verseker Ek julle: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”
JOHANNES 13:14-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was. Ek is vir julle 'n voorbeeld. Julle moet ook doen wat Ek vir julle gedoen het. Ek sê vir julle, en dit is seker: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. 'n Boodskapper is ook nie belangriker as die man wat hom gestuur het nie. Julle het nou gehoor wat Ek sê. As julle dit doen, dan sal julle gelukkig wees. “Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet vir wie Ek gekies het. Die woorde wat in die Ou Testament geskryf is, sal waar word. Daar is geskryf: “ 'n Man wat saam met my eet, het my vyand geword. “Ek sê dit nou vir julle, voordat dit gebeur. Wanneer dit later gebeur, dan sal julle glo dat Ek ook God is. Ek sê vir julle, en dit is seker: Wanneer Ek iemand stuur om 'n boodskap te bring, en die mense luister na hom, dan luister hulle ook na My. En wanneer mense na My luister, dan luister hulle na die Vader wat My gestuur het.”
JOHANNES 13:14-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen. Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
JOHANNES 13:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” “Ek praat nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het. Maar die Skrif moet vervul word: ‘Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek.’ Ek sê dit nou al vir julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat Ek is wat Ek is. Dit verseker Ek julle: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”
JOHANNES 13:14-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het immers vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het. Amen, amen, Ek sê vir julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. Ek sê dit nie van julle almal nie; Ek weet wie Ek uitgekies het, maar die Skrif moet vervul word, ‘Die een wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my gelig.’ Ek sê dit nou reeds vir julle, voor dit gebeur, sodat julle, wanneer dit gebeur, kan glo dat Ek Is. Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie iemand wat Ek stuur ontvang, ontvang My en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. ”
JOHANNES 13:14-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As Ek dan, julle Here en Meester, julle voete gewas het; julle behoort ook mekaar se voete te was. Want Ek het vir julle 'n voorbeeld gegee, sodat julle kan doen soos Ek aan julle gedoen het. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die dienskneg is nie groter as sy heer nie; ook hy wat gestuur is nie groter as hy wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, gelukkig is julle as julle dit doen. Ek spreek nie van julle almal nie: Ek weet wie Ek uitverkies het, maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met my brood eet, het sy hakskeen teen My opgehef. Nou sê Ek dit vir julle voordat dit kom, sodat julle, wanneer dit gebeur, kan glo dat dit Ek is. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie elkeen ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
JOHANNES 13:14-20 Die Boodskap (DB)
Nou maar goed. As Ek, die Een wat julle leer en lei, julle voete was, wat sê dit vir julle? Net een ding: julle behoort mekaar se voete net so te was. Ek het nou vir julle ’n goeie voorbeeld gegee: volg daardie voorbeeld. Doen aan mekaar wat Ek aan julle gedoen het. Dit kan nie anders nie, want die werker skryf mos nie vir die baas voor wat om te doen nie. As jy iemand stuur, vertel die een wat gestuur word nie vir jou wat jy wil hê nie. Dit werk mos andersom! Dit weet julle tog. As julle regtig gelukkig wil wees, moet julle doen wat Ek nou net vir julle gesê het. Ek praat nie van julle almal nie. Ek ken julle goed, want Ek het julle as my vriende gekies. In die Skrif staan: ‘Die een wat saam met My geëet het, het my seer geskop.’ Julle sal dit sien waar word. Ek sê dit nou al vir julle. Kyk maar net. Wanneer dit gebeur, sal julle nie onkant gevang word nie, want julle sal weet dat dit moet gebeur. Wanneer dit gebeur, sal julle net al hoe meer oortuig raak wie Ek regtig is. “Dit moet julle altyd besef: sê nou Ek stuur iemand en mense ontvang hom met oop arms, is dit eintlik vir My wat hulle so ontvang. En as hulle My so met oop arms ontvang, ontvang hulle eintlik so vir God wat My gestuur het.”
JOHANNES 13:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Hoe waar is dit tog nie: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie en ’n gestuurde ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle geseënd wees as julle dit ook doen.” “Ek praat nie van julle almal nie. Ek weet goed wie Ek uitgesoek het. Die Skrif moet egter in vervulling gaan: ‘Die een wat van my brood geniet, het teen My gedraai.’ Ek maak julle nou al daarop bedag, nog voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit ook al gebeur dat Ek is wat Ek is. Ek verseker julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My, en wie My ontvang, ontvang ook vir Hom wat My gestuur het.”