JOHANNES 13:13-15
JOHANNES 13:13-15 Bybel vir almal (ABA)
Julle noem My ‘Meneer’ en ‘Here.’ Dit is reg, want dit is wat Ek is. Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was. Ek is vir julle 'n voorbeeld. Julle moet ook doen wat Ek vir julle gedoen het.
JOHANNES 13:13-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.
JOHANNES 13:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
JOHANNES 13:13-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle noem my Meester en Here, en julle sê dit tereg, want Ek is dit. As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het immers vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle ook kan maak soos wat Ek gemaak het.
JOHANNES 13:13-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle noem My Meester en Here, en julle sê goed; want so is ek. As Ek dan, julle Here en Meester, julle voete gewas het; julle behoort ook mekaar se voete te was. Want Ek het vir julle 'n voorbeeld gegee, sodat julle kan doen soos Ek aan julle gedoen het.
JOHANNES 13:13-15 Die Boodskap (DB)
Julle noem My mos ‘die Een wat alles vir ons leer’ of ‘ons Leier vir wie ons onvoorwaardelik volg’. Julle is natuurlik reg. Ek is al hierdie dinge. Nou maar goed. As Ek, die Een wat julle leer en lei, julle voete was, wat sê dit vir julle? Net een ding: julle behoort mekaar se voete net so te was. Ek het nou vir julle ’n goeie voorbeeld gegee: volg daardie voorbeeld. Doen aan mekaar wat Ek aan julle gedoen het.
JOHANNES 13:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle noem My Leermeester en Here, en tereg só, want Ek is dit. As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.