JOHANNES 11:48
JOHANNES 11:48 Bybel vir almal (ABA)
As ons niks aan Jesus doen nie, dan sal al die mense in hom glo. Dan sal die Romeine ons tempel afbreek en ons volk verwoes.”
JOHANNES 11:48 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.
JOHANNES 11:48 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ons hom so laat aangaan, sal al die mense in hom glo, en dan kom verwoes die Romeine hierdie heilige plek en maak ons nasie tot niet.”
JOHANNES 11:48 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons hom so laat aangaan, sal almal in hom glo, en sal die Romeine kom en ons plek en ons volk vernietig.”
JOHANNES 11:48 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ons hom so laat staan, sal almal in hom glo; en die Romeine sal kom en ons plek sowel as ons nasie wegneem.
JOHANNES 11:48 Die Boodskap (DB)
As ons hom toelaat om so aan te gaan, stroom al die mense netnou agter hom aan. En daarvan gaan die Romeine niks hou nie. Hulle sal weer dink dit is die een of ander opstand. Dan gaan hulle kom en alles met die grond gelykmaak - ons en al die ander mense inkluis.”