JOHANNES 11:33-36
JOHANNES 11:33-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!”
JOHANNES 11:33-36 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesien Maria huil. Hy het gesien die Jode wat saam met haar gekom het, huil ook. Toe was Jesus baie hartseer en ontsteld. Hy het gevra: “Waar het julle vir Lasarus begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk, ons sal vir U gaan wys.” Jesus het gehuil. Die Jode het gesê: “Kyk, Jesus huil, hy was baie lief vir Lasarus.”
JOHANNES 11:33-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!
JOHANNES 11:33-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!”
JOHANNES 11:33-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus haar sien huil, en dat ook die Jode huil wat saam met haar gekom het, het dit Hom hewig ontstel, en Hy het diep bewoë geword. Hy sê toe: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle sê vir Hom: “Here, kom kyk.” Jesus het begin huil. Daarop het die Jode gesê: “Kyk hoe lief het Hy hom gehad!”
JOHANNES 11:33-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het ook ween, het Hy in die gees gekreun en was ontsteld. En gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het gehuil. Toe sê die Jode: Kyk hoe lief het hy hom gehad!
JOHANNES 11:33-36 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus haar snikke hoor en ook hoor hoe die Jode huil wat saam met haar was, het Hy ’n knop in sy keel gekry. Hy het baie hartseer gevoel. “Waar is hy begrawe?” vra Jesus. “Kom saam, Here, ons gaan wys U,” sê hulle. Jesus kon sy trane nie meer keer nie. Hy het gehuil. “Kyk net! Hy moes Lasarus darem baie liefgehad het!” sê party Jode toe, terwyl ander sê
JOHANNES 11:33-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Jesus sien dat sy huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het Hy bewoë geraak en was diep ontsteld. Hy sê toe: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle antwoord: “Here, kom kyk.” Jesus begin toe huil. Die Jode sê toe: “Kyk net hoe lief was hy vir Lasarus!”