JOHANNES 11:21-23
JOHANNES 11:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U hier was, dan het my broer nie gesterf nie, maar ek weet dat God ook nou vir U alles sal doen wat U vir Hom vra.” Jesus het vir haar gesê: “Jou broer sal weer lewe.”
JOHANNES 11:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee. Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.
JOHANNES 11:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Marta sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie. Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra.” Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”
JOHANNES 11:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Martha sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou weet ek dat wat U ook al van God vra, God vir U sal gee.” Jesus sê vir haar: “Jou broer sal opstaan.”
JOHANNES 11:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Marta vir Jesus: Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Maar ek weet dat alles wat jy ook al van God vra, God dit vir jou sal gee. Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.
JOHANNES 11:21-23 Die Boodskap (DB)
“Here,” begin Marta sommer dadelik toe sy Hom sien. “Waar was U al die tyd? As U betyds hier was, kon U nog my broer gesond gemaak het. Dan het hy nou nog geleef. Tog het ek al die tyd aan een ding bly vashou: ek weet God sal na U luister as U Hom iets vra.” Jesus stel haar toe gerus: “Moenie bekommerd wees nie. Jou broer sal weer lewendig word.”