JOHANNES 10:9-10
JOHANNES 10:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
JOHANNES 10:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek is die hek vir die skape. God sal die mense red wat in My glo. Hulle sal soos skape wees wat ingaan en uitgaan by 'n hek en wat gras kry om te eet. 'n Dief kom net om die skape te steel en te slag en dood te maak. Ek is nie so nie. Ek het gekom sodat die skape kan lewe, sodat hulle regtig kan lewe.
JOHANNES 10:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
JOHANNES 10:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
JOHANNES 10:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.
JOHANNES 10:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die deur: as iemand deur My ingaan, sal hy gered word; en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom nie, maar om te steel, en om te slag en om te verwoes; Ek het gekom dat hulle lewe kan hê en dit in oorvloed.
JOHANNES 10:9-10 Die Boodskap (DB)
Ek is vir julle soos ’n hek vir die skape. Ek is die hek deur wie julle na die weivelde van vrede en vriendskap met God kan stap. Deur My kry julle alles wat julle geestelik nodig het. Enigiemand wat sê dat julle op ’n ander manier by God kan uitkom, gaan julle net op ’n pynlike pad sit; die pad hel toe! Ek is hier om vir julle die kans te gee om altyd by God te wees. By Hom sal julle die lewe voluit kan geniet. En dit is lekkerder as enigiets anders, glo My!”
JOHANNES 10:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.