JOHANNES 10:14-16
JOHANNES 10:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My, net soos die Vader My ken en Ek ook die Vader ken. En Ek gee my lewe vir die skape. Ek besit ook nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook versorg. Hulle sal na my stem luister en hulle sal een trop wees met een herder.
JOHANNES 10:14-16 Bybel vir almal (ABA)
“Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en my skape ken My, soos die Vader My ken en soos Ek die Vader ken. Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees.
JOHANNES 10:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
JOHANNES 10:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.
JOHANNES 10:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het ook ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Hulle moet Ek ook lei, en hulle sal na my stem luister, en daar sal een kudde wees, en een herder.
JOHANNES 10:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die goeie herder, en ek ken my skape, en ek word deur myne geken. Soos die Vader My ken, so ken Ek die Vader, en Ek lê my lewe af vir die skape. En ek het ander skape wat nie van hierdie kraal is nie; hulle moet ek ook bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kraal en een herder wees.
JOHANNES 10:14-16 Die Boodskap (DB)
“Ek is vir almal wat My volg soos die beste herder van wie hulle kan droom. Daar is ’n sterk verhouding tussen My en elke gelowige. Ons ken mekaar. Soos my Vader My ken en Ek Hom ken, so ken Ek en elke gelowige mekaar. Omdat ons vir mekaar omgee, sal Ék liewer sterf as om toe te laat dat my volgelinge iets oorkom. Die mense wat julle hier sien, is nie die enigstes wat My volg nie. Daar is baie ander ook, wat van ander plekke af kom. Ek sal ook vir hulle die beste herder wees waarvan hulle kan droom. Uiteindelik sal my volgelinge soos een groot skaaptrop wees met My as hulle enigste herder.