JOHANNES 10:1-19

JOHANNES 10:1-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Ek verseker julle, iemand wat nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van die ander kant af oorklim, is ’n dief en ’n rower. Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape. Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken. ’n Vreemdeling sal hulle glad nie volg nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle nie die vreemdeling se stem herken nie.” Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. Hulle kon egter nie insien wat Hy vir hulle wou sê nie. Toe het Jesus weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. “Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape. ’n Kontrakwerker is hoegenaamd nie ’n herder nie, want dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien aankom, los hy die skape net daar en vlug weg en die wolf vang die skape en verwilder hulle. Hy is ’n tipiese kontrakwerker en gee niks vir die skape om nie. Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My, net soos die Vader My ken en Ek ook die Vader ken. En Ek gee my lewe vir die skape. Ek besit ook nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook versorg. Hulle sal na my stem luister en hulle sal een trop wees met een herder. “Om hierdie rede het die Vader My lief omdat Ek my lewe gee om dit weer op te neem. Niemand ontneem My my lewe nie, maar Ek offer dit uit my eie op. Ek het die volmag om dit op te offer en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van die Vader ontvang het.” Daar het toe nog meer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde van Jesus.

JOHANNES 10:1-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim – daardie man is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die hek ingaan, is 'n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van vreemdes nie ken nie.” Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel, maar hulle het nie begryp wat Hy vir hulle sê nie. Jesus het toe weer gesê: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; die skape het egter nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Die huurarbeider, wat nie 'n herder is nie, en aan wie die skape nie behoort nie, sien die wolf kom, los die skape en vlug – en die wolf vang en verjaag hulle – omdat die man 'n huurarbeider is en nie vir die skape omgee nie. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het ook ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Hulle moet Ek ook lei, en hulle sal na my stem luister, en daar sal een kudde wees, en een herder. Om hierdie rede het die Vader My lief – omdat Ek my lewe aflê, sodat Ek dit weer kan opneem. Niemand neem dit van My weg nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het volmag om dit af te lê, en Ek het volmag om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van my Vader ontvang. ” Oor hierdie woorde het daar toe weer verdeeldheid onder die Jode ontstaan.

JOHANNES 10:1-19 Bybel vir almal (ABA)

Jesus het vir die Fariseërs gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: 'n Dief of 'n skelm kom nie in by die hek van die skaapkraal nie. Hy kom in by 'n ander plek. Die skaapwagter, die herder, kom in by die hek. Die man by die hek maak die hek vir die wagter oop. Die skape hoor die herder se stem. Hy roep elke skaap se naam en dan bring hy hulle uit die kraal uit. Wanneer hy al sy eie skape uit die kraal gebring het, dan loop hy voor die skape. Die skape gaan saam met die herder, want hulle ken sy stem. Die skape sal nie saam met iemand gaan as hulle hom nie ken nie. Hulle sal weghardloop van hom, want hulle ken nie ander mense se stemme nie.” Jesus wou vir die Fariseërs iets verduidelik toe Hy oor die herder gepraat het. Maar hulle het nie verstaan wat Hy vir hulle wou sê nie. Jesus het ook gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is die hek vir die skape. Die mense wat gekom het voordat Ek gekom het, het net ingebreek en gesteel. Maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die hek vir die skape. God sal die mense red wat in My glo. Hulle sal soos skape wees wat ingaan en uitgaan by 'n hek en wat gras kry om te eet. 'n Dief kom net om die skape te steel en te slag en dood te maak. Ek is nie so nie. Ek het gekom sodat die skape kan lewe, sodat hulle regtig kan lewe. Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder sal sterf sodat sy skape kan lewe. Iemand wat geld kry om die skape op te pas, sal nie doen wat die Goeie Herder doen nie. Iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig 'n herder nie, en dit is nie sy skape nie. Wanneer hy sien 'n wolf kom, dan los hy die skape en hy hardloop weg. Dan vat die wolf die skape weg en hy jaag hulle na al die kante toe. Ja, iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig bekommerd oor die skape nie. “Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en my skape ken My, soos die Vader My ken en soos Ek die Vader ken. Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees. Die Vader is lief vir My, want Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek sal sterf sodat Ek weer kan lewe. Dit is nie iemand anders wat besluit dat Ek moet sterf nie. Nee, Ek het self besluit dat Ek sal sterf. Ek kan self besluit dat Ek sal sterf en weer begin lewe. Dit is wat my Vader gesê het Ek moet doen.” Toe die Jode hoor wat Jesus alles sê, het hulle baie met mekaar gestry.

JOHANNES 10:1-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

JOHANNES 10:1-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

“Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.” Deur hierdie beeld het Jesus met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. “Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

JOHANNES 10:1-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim – daardie man is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die hek ingaan, is 'n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van vreemdes nie ken nie.” Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel, maar hulle het nie begryp wat Hy vir hulle sê nie. Jesus het toe weer gesê: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; die skape het egter nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Die huurarbeider, wat nie 'n herder is nie, en aan wie die skape nie behoort nie, sien die wolf kom, los die skape en vlug – en die wolf vang en verjaag hulle – omdat die man 'n huurarbeider is en nie vir die skape omgee nie. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het ook ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Hulle moet Ek ook lei, en hulle sal na my stem luister, en daar sal een kudde wees, en een herder. Om hierdie rede het die Vader My lief – omdat Ek my lewe aflê, sodat Ek dit weer kan opneem. Niemand neem dit van My weg nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het volmag om dit af te lê, en Ek het volmag om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van my Vader ontvang. ” Oor hierdie woorde het daar toe weer verdeeldheid onder die Jode ontstaan.

JOHANNES 10:1-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Voorwaar, voorwaar sê Ek vir julle, wie nie deur die deur in die skaapkraal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat deur die deur gaan, is die herder van die skape. Vir hom maak die poortwagter oop; en die skape hoor sy stem, en hy roep sy eie skape by die naam en lei hulle uit. En as hy sy eie skape uitbring, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg hom, want hulle ken sy stem. En 'n vreemdeling sal hulle nie volg nie, maar van hom wegvlug, want hulle ken die stem van vreemdes nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle gesê het nie. Toe sê Jesus weer vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Al wat voor my gekom het, is diewe en rowers, maar die skape het hulle nie gehoor nie. Ek is die deur: as iemand deur My ingaan, sal hy gered word; en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom nie, maar om te steel, en om te slag en om te verwoes; Ek het gekom dat hulle lewe kan hê en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder: die goeie herder gee sy lewe vir die skape. Maar hy wat 'n huurling is en nie 'n herder nie, wie se skape nie besit nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en verstrooi die skape. Die huurling vlug, want hy is 'n huurling en gee nie om vir die skape nie. Ek is die goeie herder, en ek ken my skape, en ek word deur myne geken. Soos die Vader My ken, so ken Ek die Vader, en Ek lê my lewe af vir die skape. En ek het ander skape wat nie van hierdie kraal is nie; hulle moet ek ook bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kraal en een herder wees. Daarom het my Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. Niemand neem dit van my af nie, maar ek lê dit uit myself af. Ek het krag om dit neer te lê, en ek het krag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. Daar was dus weer verdeeldheid onder die Jode oor hierdie woorde.

JOHANNES 10:1-19 Die Boodskap (DB)

“Luister nou mooi. Ek gaan vir julle ’n voorbeeld gee om julle te help om beter te verstaan wat Ek wil sê. Julle weet mos hoe dit met ’n skaapboerdery gaan. As iemand skelm in die kraal probeer inkom en nie die hek gebruik nie, wil hy net kom kwaaddoen. Net ’n dief doen dit! Die herder sal die hek gebruik om in die kraal in te gaan. “Die wag by die hek sal dit dadelik vir hom oopmaak. In die kraal sal hy sy skape bymekaarmaak. Hy sal hulle op hulle name roep en hulle sal kom. Dan sal hy hulle uit die kraal lei. “Hy sal voor hulle uitstap weiveld toe en hulle sal agternakom, want hulle ken sy stem. Hulle sal egter nie agter vreemdelinge aanloop nie. Hulle sal eerder weghardloop, want hulle ken nie die vreemdeling se stem nie.” Hoewel Jesus hierdie eenvoudige voorbeeld gebruik het, het die Joodse leiers nog steeds nie gesnap wat Hy bedoel nie. “Laat Ek dit nog eenvoudiger stel. Julle kan My met die hek van die skaapkraal vergelyk. Sê My, wat is die enigste regte manier om in die kraal in te kom? Natuurlik deur die hek. “En die enigste regte manier om na God toe te kom? Natuurlik deur My! “Al die ander wat voor My gekom het, het mense op die verkeerde pad gelei. Hulle is soos diewe wat mense net wou kul. Hulle het kamma redding kom aanbied, maar God se kinders het nie na hulle geluister nie. Ek is vir julle soos ’n hek vir die skape. Ek is die hek deur wie julle na die weivelde van vrede en vriendskap met God kan stap. Deur My kry julle alles wat julle geestelik nodig het. Enigiemand wat sê dat julle op ’n ander manier by God kan uitkom, gaan julle net op ’n pynlike pad sit; die pad hel toe! Ek is hier om vir julle die kans te gee om altyd by God te wees. By Hom sal julle die lewe voluit kan geniet. En dit is lekkerder as enigiets anders, glo My!” “Ek is vir Christene wat ’n herder vir sy skape is. Wat Ek bedoel, is dit: die herder is bereid om alles te gee ter wille van sy skape, ook sy lewe. Hy sal liewer self doodgaan as dat hy sal toelaat dat sy skape iets oorkom. “Iemand wat gehuur word om die skape op te pas, tree nie soos ’n herder op nie. Die skape behoort mos nie aan hom nie. Daarom gee hy nie regtig om vir die skape nie. As ’n leeu byvoorbeeld op die skape afstorm, sal die gehuurde man net maak dat hy so vinnig moontlik wegkom. Hy sal nie eens probeer om die skape te help nie. Die leeu sal al die tyd in die wêreld hê om onder die skape te baljaar. Wat met die skape gebeur, maak nie eintlik vir die gehuurde man saak nie. “Ek is vir almal wat My volg soos die beste herder van wie hulle kan droom. Daar is ’n sterk verhouding tussen My en elke gelowige. Ons ken mekaar. Soos my Vader My ken en Ek Hom ken, so ken Ek en elke gelowige mekaar. Omdat ons vir mekaar omgee, sal Ék liewer sterf as om toe te laat dat my volgelinge iets oorkom. Die mense wat julle hier sien, is nie die enigstes wat My volg nie. Daar is baie ander ook, wat van ander plekke af kom. Ek sal ook vir hulle die beste herder wees waarvan hulle kan droom. Uiteindelik sal my volgelinge soos een groot skaaptrop wees met My as hulle enigste herder. My Vader het My lief, en met goeie rede ook. Ek is uit vrye wil bereid om doodgemaak te word. Die doel daarmee is om te wys dat Ek self weer uit die dood kan opstaan. Niemand sal My sommer kan kom doodmaak nie. Uit my eie sal Ek hulle toelaat om dit te doen. So sal Ek bewys hoe sterk Ek is. Ek kan, as Ek wil, sterf. En Ek kan, as Ek wil, ook weer lewendig word. My Vader het gesê dat Ek dit moet kom doen. Ek moet eers toelaat dat mense My doodmaak en dan moet Ek weer lewendig word.” Hieroor het die Jode kwaai aan die stry gegaan.