JOHANNES 1:8-9
JOHANNES 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.
JOHANNES 1:8-9 Die Boodskap (DB)
Hy self was nie die Lig nie. Hy het maar net aan die mense kom vertel waar om die Lig te kry. Jesus, die ware, Goddelike Lig, was op pad na die wêreld toe. Hierdie Lig se strale sou op die mense in hierdie wêreld val.
JOHANNES 1:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy was nie self die lig nie, maar het net kom getuig oor die lig. Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld.
JOHANNES 1:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld.
JOHANNES 1:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Johannes was nie self die lig nie, maar hy moes vir die mense kom vertel van die lig. Die Woord was die ware lig. Hy moes vir al die mense lig bring. Hy het klaar begin om na die wêreld te kom.
JOHANNES 1:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
JOHANNES 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.
JOHANNES 1:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld.
JOHANNES 1:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy was nie daardie Lig nie, maar is gestuur om van daardie Lig te getuig. Dit was die ware Lig wat elke mens verlig wat in die wêreld kom.