JOHANNES 1:6-8
JOHANNES 1:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
JOHANNES 1:6-8 Bybel vir almal (ABA)
God het 'n man gestuur, sy naam was Johannes. Hy het gekom om vir die mense te vertel van die lig, sodat almal wat dit hoor, kon glo. Johannes was nie self die lig nie, maar hy moes vir die mense kom vertel van die lig.
JOHANNES 1:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
JOHANNES 1:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
JOHANNES 1:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
JOHANNES 1:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar was 'n man wat van God gestuur is, wie se naam Johannes was. Hy het gekom as 'n getuienis om van die Lig te getuig, sodat alle mense deur Hom sou glo. Hy was nie daardie Lig nie, maar is gestuur om van daardie Lig te getuig.
JOHANNES 1:6-8 Die Boodskap (DB)
Johannes het ook op die toneel verskyn. God het hom gestuur om vir almal te kom vertel van Jesus wat soos ’n helder lig in die donker kom skyn het. Sy sterk boodskap oor die Lig moes mense oortuig om in die Lig te glo. Hy self was nie die Lig nie. Hy het maar net aan die mense kom vertel waar om die Lig te kry.
JOHANNES 1:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar was ’n man, gestuur deur God, met die naam Johannes. Hy het gekom met die doel om ’n getuienis te lewer, om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo. Hy was nie self die lig nie, maar het net kom getuig oor die lig.