JOHANNES 1:38-39
JOHANNES 1:38-39 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het omgedraai en Hy het gesien hulle volg Hom. Hy vra toe vir hulle: “Wat soek julle?” Hulle het geantwoord: “ Rabbi, waar woon U?” 'n Rabbi is iemand wat vir mense leer hoe om God te dien. Jesus sê toe vir hulle: “Kom kyk!” Hulle het gegaan en hulle het die plek gesien waar Hy woon. Dit was omtrent vier-uur die middag. Hulle het daardie hele dag by Jesus gebly.
JOHANNES 1:38-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi — dit wil sê, as dit vertaal word, Meester — waar is U tuis?
JOHANNES 1:38-39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – dit beteken leermeester – “waar gaan U tuis?” Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly.
JOHANNES 1:38-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus omdraai en hulle Hom sien volg, vra Hy hulle: “Wat wil julle hê?” En hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – wat, as dit vertaal word, beteken, ‘Meester’, “waar bly U?” Hy sê toe vir hulle: “Kom kyk!” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuisgaan, en hulle het dié dag by Hom gebly. Dit was omstreeks die tiende uur.
JOHANNES 1:38-39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe draai Jesus om en sien hulle volg, en sê vir hulle: Wat soek julle? Hulle sê vir Hom: Rabbi, dit wil sê, as dit vertaal word: Meester, waar woon U? Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar hy woon, en dié dag by hom gebly, want dit was omtrent die tiende uur.
JOHANNES 1:38-39 Die Boodskap (DB)
Jesus kyk toe om.“Wie soek julle?” vra Hy vir hulle. “Rabbi, waar bly U?” vra hulle. (Terloops, “rabbi” beteken “onderwyser”.) “Kom saam en kom kyk,” nooi Jesus hulle toe uit. So het dit gekom dat hulle saam is om te gaan kyk waar Hy bly. Dit was egter al laatmiddag en die son het begin water trek, met die gevolg dat die twee kuiergaste toe sommer die nag daar oorgebly het.
JOHANNES 1:38-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het omgedraai en gesien hulle volg Hom. Hy sê toe vir hulle: “Wat soek julle?” Hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – as dit vertaal word, beteken dit “leermeester” – “waar gaan U tuis?” Hy antwoord hulle: “Kom kyk self en julle sal sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis was. Dit was omtrent vieruur die middag. Hulle het toe die res van daardie dag by Hom gebly.