JOHANNES 1:16-17
JOHANNES 1:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Die Woord is vol genade. Ons het genade gekry van Hom, baie genade. Moses het die wette gebring, maar Jesus Christus het die genade gebring wat nooit ophou nie.
JOHANNES 1:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
JOHANNES 1:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
JOHANNES 1:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
JOHANNES 1:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En uit sy volheid het ons alles ontvang, en genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee, maar genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.
JOHANNES 1:16-17 Die Boodskap (DB)
Hy het ’n oorvloed van geskenke van God af wat Hy vir ons wil gee. Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir ons gee nie, al verdien ons dit nie. God het die wet deur Moses gegee. Jesus het egter vir ons die wonderlike goedheid van God af gebring. By Hom kon ons leer wat die waarheid is.