JOHANNES 1:12
JOHANNES 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Party mense het Hom aanvaar en hulle het in Hom geglo. Hy het vir hulle gesê hulle mag kinders van God wees.
JOHANNES 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo
JOHANNES 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
JOHANNES 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo.
JOHANNES 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
JOHANNES 1:12 Die Boodskap (DB)
Daar was egter uitsonderings. Daar was mense wat Hom met oop arms ontvang het. Hulle het Hom en dit waarvoor Hy staan ten volle in geloof aanvaar. Omdat hulle so op Hom vertrou, het Jesus alles vir hulle gedoen wat nodig was om God se kinders te word.