JOHANNES 1:1-2
JOHANNES 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Woord was daar voor alles begin het. Die Woord was by God en die Woord was self God. Hy was in die begin by God.
JOHANNES 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.
JOHANNES 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.
JOHANNES 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.
JOHANNES 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Dieselfde was in die begin by God.
JOHANNES 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Woord, deur wie ons God leer ken, was reg aan die begin reeds daar. Die Woord was by God en die Woord was God. Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op ’n ander manier ontstaan nie.