JEREMIA 9:3-26

JEREMIA 9:3-26 Die Boodskap (DB)

“My volk se leuens tref mense soos pyle. Hulle sorg nie dat die waarheid wen nie, maar die leuens. Die verkeerde goed wat hulle doen, word net al hoe erger. Hulle gee niks meer vir My om nie,” sê die Here. “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of jou volksgenote enigsins vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar. Vriende lieg en bedrieg mekaar. ’n Mens kry net nie meer iemand wat die waarheid praat nie. Dit is al ’n tweede natuur vir hulle om nie die waarheid te praat nie. Baie van hulle is al so vasgevang in hulle valsheid dat hulle nie meer kan ophou om verkeerd te doen nie. Hulle hou net aan om leuen op leuen te vertel. So ver as wat hulle gaan, bedrieg hulle mense. Hierdie mense is veronderstel om my mense te wees, maar hulle weier om enigiets met My te doen te hê,” sê die Here. Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal hulle toets vir suiwerheid soos ’n mens met metaal maak wat jy deur ’n smeltoond laat gaan. Ek kan niks anders doen as my volk so verkeerd maak nie. Hulle tong is soos giftige pyle. Met hulle leuens bedrieg hulle ander mense. Hulle praat met mekaar asof hulle vriende is, maar in hulle hart maak hulle planne om van mekaar ontslae te raak. Behoort Ek hulle nie oor hierdie manier van dink en doen te straf nie?” vra die Here. “Ja, Ek sal wraak neem op hierdie nasie.” “Ek huil omdat daar nie meer weiding vir die diere teen die hange van die berge is nie. Die ou weivelde lê ook verwaarloos en niemand gebruik dit meer nie. My hart is stukkend daaroor. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste se gebulk nie. Selfs die voëls en die wilde diere het almal padgegee.” Die Here sê: “Ek sal Jerusalem soos ’n bouval maak. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die stede van Juda sal leegloop, want niemand sal meer daarin bly nie.” Ek vra toe: “Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom al hierdie dinge gebeur? Het U dit vir iemand gesê wat dit aan ander mense kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eens wil waag om daardeur te gaan nie?” Die Here het geantwoord: “Die stad lyk so omdat my mense nie my voorskrifte volg nie. Hulle het geweier om te lewe soos Ek gesê het hulle moet. Om die waarheid te sê, hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het gebuig voor die beelde van die god Baäl soos hulle by hulle voorouers geleer het.” Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “Kyk, Ek sal hulle bitter kruie gee om te eet en gif om te drink. Ek sal hulle onder ’n klomp nasies versprei. Hulle sal vreemdelinge in hierdie lande wees, want nie hulle of hulle voorouers het hierdie nasies vroeër geken nie. Selfs daar sal hulle nie wegkom nie. Ek sal hulle vyande hulle laat agtervolg totdat daar net mooi niks van hulle oorbly nie.” Die Here het ook gesê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is. Roep al die mense wat gewoonlik by begrafnisse huil, bymekaar. Ook dié wat treurige liedere kan sing. Hulle moet gou maak en met hulle gehuil begin. So sal hulle ons kan help om ook baie droewig te huil. Uit Jerusalem kan ’n mens die desperate gehuil van die mense van die stad hoor. Hulle roep uit: ‘Dit is klaar met ons! Ons is tot die grond toe verneder! Ons is uit die land gedryf en ons huise is platgeslaan.’” Die vroue van die land moet luister wat die Here te sê het. Hoor baie mooi wat Hy sê: “Julle moet julle dogters leer om hartseer te word. Verder moet die vroue mekaar leer om liedere te sing wat by dood en begrafnis sal pas. En as hulle vra hoekom hierdie soort liedere geleer moet word, is die antwoord: ‘Die dood het deur die venster in ons huis ingekom. Daar is nie meer kinders wat in die strate kan speel of jongmense wat by die stadspleine bymekaar kan kom nie.’” Jy moet sê, die Here sê: “Die lyke van mense sal oral op die oop velde lê soos mis. Dit sal ook lyk soos die bondels graan op die landerye nadat dit afgeoes is. Niemand sal dit bymekaarmaak nie. Net so sal daar absoluut niemand oor wees om die mense te begrawe nie.” Die Here sê: “’n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is; hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie. As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een goeie rede, en dit is dat hulle insig het en My ken. Ek is die Here wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Ek julle liefhet, sal Ek julle nie in die steek laat nie. Dit is wat Ek van julle verwag. Dit sal My baie bly maak,” sê die Here. Die Here sê: “Daar kom ’n tyd dat Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Ek kyk na mense se gesindheid en stel nie in die uiterlike tekens alleen belang nie. Al Israel se bure is sulke mense wat Ek sal straf, die mense van Egipte, Edom, Amnon en Moab. Natuurlik die mense van Juda ook! Geeneen van hierdie buurnasies van Juda het die uiterlike tekens aan hulle liggaam om te bewys dat hulle deel van die mense van die Here is nie. Die mense van Juda se doen en late wys nie dat hulle aan die Here behoort nie. Hulle is ontrou aan die Here.”

JEREMIA 9:3-26 Bybel vir almal (ABA)

Die Here sê: “Hulle maak mense seer met wat hulle sê, soos pyle uit 'n boog mense seermaak. Hulle word sterk in die land, maar hulle is baie vals, hulle dien nie hulle God nie. Hulle hou aan om slegte dinge te doen, meer en meer, hulle maak of hulle My nie ken nie. Hulle moet oppas vir mekaar, hulle kan mekaar nie glo nie, want almal bedrieg mekaar en praat sleg van mekaar. Almal is vals en lieg vir mekaar. Hulle het geleer om aan te hou lieg, hulle kan nie ophou om verkeerd te doen nie. Hulle hou aan om mense te verdruk en te bedrieg. Hulle wil My nie ken nie.” Dit het die Here gesê. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Omdat hulle dit alles doen, sal Ek hulle straf. Dit sal wees soos wanneer iemand metaal in vuur gooi en dit smelt. Ek kan nie anders met my volk doen nie. Wat hulle sê, is soos pyle wat mense wil doodmaak. Hulle sê hulle wil vrede hê met mekaar, maar hulle is vals, hulle wag net vir die regte tyd om mekaar te laat swaarkry. Daarom moet Ek hulle straf, dit is reg dat Ek hierdie volk straf.” Dit het die Here gesê. Ek, Jeremia, sal huil op die berge en in die weivelde, ek sal treur en 'n klaaglied sing, want die berge en die weivelde is verwoes. Niemand kom daar nie, daar is nie skape of bokke nie, en al die voëls en die wilde diere is weg. Die Here sê: “Ek sal Jerusalem verwoes, dit sal net hope klippe wees, en daar sal jakkalse woon. Ek sal die mense wegvat uit die stede van Juda, niemand sal daar woon nie.” Ek, Jeremia, het gevra: “Waar is 'n wyse mens wat dit kan verstaan? Met wie het die Here gepraat? Wie kan vir ons sê hoekom dit gebeur het? Hoekom is die land verwoes? Hoekom het dit soos 'n woestyn geword waar niemand verbygaan nie?” En die Here het gesê: “Dit het gebeur omdat die mense van Juda en Jerusalem nie gedoen het wat Ek wil hê nie en omdat hulle nie gehoorsaam was aan My nie. Hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie, hulle was hardkoppig, hulle het gelewe soos hulle self besluit het. Hulle het die Baäls gedien soos hulle voorvaders vir hulle geleer het om te doen.” Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Omdat hierdie volk dit gedoen het, laat Ek hulle swaarkry en sterf. Dit sal wees soos wanneer mense wilde-als geëet en gif gedrink het. Ek sal hulle na al die kante toe jaag tussen ander volke in, volke wat hulle en hulle voorvaders nie geken het nie. Ek sal vyande stuur om hulle dood te maak totdat hulle almal dood is.” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Roep die huilvroue. Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.” En die volk het gesê: “Die vroue moet gou maak en hulle moet oor ons kom treur, sodat ons oë ook vol trane kan word en ons saam kan huil.” Ons hoor hoe huil die mense in Sion. Hulle sê: “Die vyande het ons weggejaag en ons het alles verloor, ons moet weggaan uit die land, want hulle het ons huise afgebreek.” Maar, vroue, julle moet luister wat sê die Here nog. Julle moet vir julle dogters leer om te treur en 'n klaaglied te sing, want daar is pes in die stad, die dood het by ons vensters ingeklim, en ons kinders en ons jongmense sterf op die strate en op die oop stukke grond. Julle moet sê wat die Here sê: Die lyke van die mense sal soos mis op die grond val of soos koring-are wat val wanneer iemand dit afsny en niemand tel dit op nie. Die Here sê: “Die wyse mens moenie spog oor sy wysheid nie, die sterk mens moenie spog oor sy krag nie, die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie. Maar as iemand wil spog, dan moet hy hieroor spog: dat hy My, die Here, ken en dat hy weet Ek doen wat Ek belowe het. Ek doen reg en Ek is goed vir al die mense op die aarde. Ja, dit is waarvan Ek hou.” Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”

JEREMIA 9:3-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE. Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery. En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery. Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk? Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne. Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie? Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en 'n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en 'n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere — hulle het gevlug, weggetrek. En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner. Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie? En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie, maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het, daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wildeals om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink, en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het. So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom; en laat hulle gou maak en oor ons 'n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water. Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het. Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied. Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom om die kinders van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af. Sê dit: So spreek die HERE: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel. So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE. Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is: oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.

JEREMIA 9:3-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hulle woorde tref mense soos pyle: bedrog het die oorhand in die land, nie die waarheid nie. Hulle gaan van kwaad tot erger, en My ken hulle nie, sê die Here. Wees selfs vir 'n vriend op jou hoede, moenie eens 'n broer vertrou nie. Elke broer is 'n onderkruiper en elke vriend 'n kwaadsteker. Hulle bedrieg mekaar, hulle praat nooit die waarheid nie, hulle is gewoond om te lieg, hulle kan nie ophou sonde doen nie. Verdrukking volg op verdrukking, bedrog op bedrog, hulle weier om My te erken, sê die Here. Daarom, so sê die Here die Almagtige, sal Ek hulle deur die smeltkroes laat gaan. Hoe kan Ek anders maak met my volk? Hulle tong is 'n dodelike pyl, dit lieg en bedrieg. Hulle praat met mekaar asof niks verkeerd is nie, maar in hulle binneste beplan hulle mekaar se ondergang. Sou Ek nie hieroor rekenskap van hulle eis nie? sê die Here. Sou Ek My nie wreek op so 'n nasie nie? Ek sal huil en kla oor die berge, Ek sal 'n klaaglied sing oor die weivelde in die woestyn. Hulle is verwoes, niemand kom daar verby nie, 'n mens hoor daar geen diere nie; al die voëls en diere het padgegee. Ek sal Jerusalem 'n hoop klippe maak, 'n woonplek van jakkalse. Ek sal die stede van Juda verlate plekke maak sonder inwoners. Waar is die wyse man wat dít kan verstaan? Met wie het die Here gepraat dat dié dit kan vertel? Waarom het die land te gronde gegaan, waarom is dit verwoes dat dit soos 'n woestyn is waar niemand verbygaan nie? Die Here het gesê: Dit is omdat hulle my wet verlaat het wat Ek hulle gegee het; hulle het nie na My geluister nie en my wet nie nagekom nie, hulle het agter hulle eie harde koppe aangegaan en agter die Baäls aan soos hulle voorvaders hulle geleer het. Daarom, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, gee Ek hierdie volk wildeals om te kou en gifwater om te drink. Ek sal hulle verstrooi onder nasies vir wie nóg hulle nóg hulle voorvaders geken het. Ek sal hulle met die swaard laat agtervolg totdat Ek hulle almal laat uitroei het. So sê die Here die Almagtige: Luister goed! Roep al die klaagvroue dat hulle kom, laat kom die vroue wat weet hoe om klaagliedere te sing. Hulle moet gou maak en 'n klaaglied oor ons sing, sodat die trane uit ons oë loop, ons oë nat is van die trane. Hoor hoe kla dit uit Sion; hoe het die verwoesting ons getref, hoe is ons verslaan! Ons moet die land verlaat, ons huise word omgestoot. Vrouens, luister na die woord van die Here, neem alles in wat Hy sê. Leer julle dogters om te kla, laat hulle mekaar klaagliedere leer: “Die dood het by ons vensters ingeklim, in ons mooi huise ingekom, dit roei die kinders uit op die strate, die jongmense op die pleine.” Jy moet sê: So sê die Here: Die lyke van die mense wat val, sal soos hopies mis lê op die veld, soos gerwe agter dié wat oes, maar niemand sal hulle optel nie. So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat Ek wil hê, sê die Here. Daar kom dae, sê die Here, dat Ek selfs almal wat besny is, gaan straf, of dit nou Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete of Moab is, of die woestynbewoners wat hulle koppe aan die kante kaal skeer, want al hierdie volke is tog maar onbesnede, en die hele Israel is onbesnede van hart, hulle is ontrou aan My.

JEREMIA 9:3-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Hulle span hulle tong soos 'n boog; met leuens, en nie met betroubaarheid nie, word hulle helde in die land. Ja, van boosheid na boosheid gaan hulle voort, en My ken hulle nie,” is die uitspraak van die HERE. “Wees op julle hoede, elkeen vir sy vriend! Moenie enige broer vertrou nie; want elke broer is 'n bedrieër, en elke vriend gaan rond as 'n kwaadstoker. Elkeen verkul sy vriend; die waarheid praat hulle nie. Hulle rig hulle tonge af om leuens te praat. Hulle dwaal; hulle is nie in staat om terug te keer nie. Verdrukking volg op verdrukking, bedrog volg op bedrog; hulle weier om My te erken,” is die uitspraak van die HERE. Daarom, so sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Kyk, Ek gaan hulle smelt en toets. Want wat anders kan Ek doen oor die dogter van my volk? Dodelike pyle is hulle tonge – dit uiter bedrog. Met sy mond praat iemand vrede met sy vriend, maar in sy binneste stel hy vir hom 'n hinderlaag. Sou Ek daaroor nie van hulle rekenskap eis nie?” is die uitspraak van die HERE. “Of sou Ek My nie wreek op 'n nasie soos hierdie nie?” Oor die berge sal Ek 'n geween, 'n treurlied aanhef, en oor die weivelde in die woestyn 'n klaaglied; want dit lê verskroei, sodat niemand daardeur trek nie, en die geluid van vee nie meer gehoor word nie. Die voëls in die lug, sowel as die diere, het gevlug, hulle het padgegee. “Ek gaan van Jerusalem klipstapels maak, 'n lêplek vir jakkalse; en die dorpe van Juda gaan Ek 'n woesteny maak, sonder inwoners.” Wie is die mens wat wys genoeg is om dit te verstaan, iemand met wie die mond van die HERE gepraat het, sodat hy dit kan verduidelik? Waarom het die land ten gronde gegaan, lê dit verwoes soos 'n woestyn, sonder dat iemand daardeur trek? Die HERE het geantwoord: “Omdat hulle my wet verlaat het wat Ek aan hulle voorgehou het, hulle nie na my stem geluister en my wet nie gevolg het nie, maar agter die verstoktheid van hulle eie harte en agter die Baäls aangeloop het, soos hulle voorouers hulle geleer het.” Daarom, so sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek laat hierdie volk wildeals eet en giftige water drink. Ek sal hulle verstrooi onder nasies wat hulle en hulle voorouers nie geken het nie, en Ek stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle vernietig het.” So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Wees verstandig en roep die klaagvroue, sodat hulle kom. Ontbied die kundige vroue, sodat hulle kom.” Hulle moet gou maak en oor ons 'n treurlied aanhef, sodat ons oë van trane vloei, en ons ooglede stroom van water; want die geluid van treursang word uit Sion gehoor: “Hoe is ons verwoes! Ons staan diep beskaamd, want ons moes die land verlaat, omdat hulle ons woonplekke platgeslaan het.” Ja, vroue, luister na die woord van die HERE, en laat julle ore die woorde van sy mond inneem. Leer julle dogters 'n treurlied, vir mekaar 'n klaaglied: “Ja, die dood het deur ons vensters geklim; dit het ons vestings binnegedring deur kleuters wat in die strate en jong manne wat op die dorpspleine was, uit te roei.” “Sê, ‘Die volgende is 'n uitspraak van die HERE: “Die lyke van mense sal soos mis op die oop veld lê, en soos gesnyde graan agter die snyer, sonder dat iemand dit bymekaarmaak.” ’ ” So sê die HERE: “'n Wyse moet hom nie op sy wysheid beroem nie, 'n magtige moet hom nie op sy krag beroem nie, en 'n ryke moet hom nie op sy rykdom beroem nie. Slegs hierop moet die een wat wil roem, hom beroem: dat hy insig het en My ken, naamlik dat Ek die HERE is wat troue liefde, reg en geregtigheid handhaaf op aarde; want daarin vind Ek vreugde.” Dit is die uitspraak van die HERE. “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die HERE, “wanneer Ek rekenskap sal eis van almal wat aan die voorhuid besny is – van Egipte, Juda, Edom, die Ammoniete, en Moabiete, van al die woestynbewoners wat hulle slape skoonskeer. Want al dié nasies is eintlik onbesnede; maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”

JEREMIA 9:3-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En hulle span hul tong soos hul boog vir leuens, maar hulle is nie dapper vir die waarheid op die aarde nie; want hulle gaan van kwaad tot kwaad uit, en hulle ken My nie, spreek die HERE. Pas op vir elkeen van sy naaste en vertrou op geen broer nie, want elke broer sal heeltemal verdring, en elke naaste sal met lastering wandel. En hulle sal elkeen sy naaste bedrieg en nie die waarheid praat nie; U woning is te midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sal ek met die dogter van my volk doen? Hulle tong is soos 'n pyl wat uitgeskiet is; dit spreek bedrog: 'n mens spreek in vrede met sy naaste met sy mond, maar in die hart lê hy sy wag. Sal ek hulle nie vir hierdie dinge besoek nie? spreek die HERE: Sal my siel nie gewreek word op so 'n nasie soos hierdie nie? Oor die berge sal Ek 'n geween en geween aanhef, en oor die woonplekke van die woestyn 'n klaaglied, omdat hulle verbrand is, sodat niemand daardeur kan gaan nie; en mense kan die stem van die vee nie hoor nie; sowel die voëls van die hemel as die dier het gevlug; hulle is weg. En Ek sal Jerusalem tot hope en 'n kuil van jakkalse maak; en Ek sal die stede van Juda 'n wildernis maak, sonder inwoner. Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? en wie is dit met wie die mond van die HERE gespreek het om dit te verkondig, want wat die land vergaan en verbrand word soos 'n woestyn, wat niemand deurtrek nie? En die HERE sê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie; Maar hulle het gewandel volgens die verbeelding van hulle eie hart en agter die Baäls aan wat hulle vaders hulle geleer het. Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel; Kyk, Ek sal hulle, hierdie volk, met als laat eet en hulle galwater gee om te drink. En Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat hulle en hulle vaders nie geken het nie; en Ek sal 'n swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle verteer het. So sê die HERE van die leërskare: Let op en roep die treurende vroue, dat hulle kan kom; en stuur geslepe vroue, dat hulle kan kom. En laat hulle gou maak en 'n geween oor ons aanhef, sodat ons oë kan afloop van trane en ons ooglede kan uitvloei van water. Want 'n stem van geween word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! ons is grootliks beskaamd, omdat ons die land verlaat het, omdat ons wonings ons verdryf het. Hoor tog die woord van die HERE, o vroue, en laat julle oor die woord van sy mond aanneem, en leer julle dogters 'n weeklag en elkeen van haar naaste 'n klaaglied. Want die dood het in ons vensters opgekom en in ons paleise ingegaan om die kinders van buite af uit te roei en die jongmanne van die strate af. Spreek: So sê die HERE: Selfs die lyke van mense sal val soos mis op die oop veld en soos 'n handvol agter die oesman, en niemand sal dit bymekaarmaak nie. So sê die HERE: Laat die wyse nie roem in sy wysheid nie, en laat die sterke nie roem in sy sterkte nie, laat die ryk man nie roem in sy rykdom nie. Maar laat hom wat roem, hom daarin beroem, dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, oordeel en geregtigheid op die aarde doen; want hierin het Ek 'n welbehae, spreek die HERE. Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is saam met die onbesnedenes; Egipte en Juda en Edom en die kinders van Ammon en Moab en almal wat in die uithoeke is, wat in die woestyn woon; want al hierdie nasies is onbesnede, en die hele huis van Israel is onbesnede in die hart.

JEREMIA 9:3-26 Die Boodskap (DB)

“My volk se leuens tref mense soos pyle. Hulle sorg nie dat die waarheid wen nie, maar die leuens. Die verkeerde goed wat hulle doen, word net al hoe erger. Hulle gee niks meer vir My om nie,” sê die Here. “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of jou volksgenote enigsins vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar. Vriende lieg en bedrieg mekaar. ’n Mens kry net nie meer iemand wat die waarheid praat nie. Dit is al ’n tweede natuur vir hulle om nie die waarheid te praat nie. Baie van hulle is al so vasgevang in hulle valsheid dat hulle nie meer kan ophou om verkeerd te doen nie. Hulle hou net aan om leuen op leuen te vertel. So ver as wat hulle gaan, bedrieg hulle mense. Hierdie mense is veronderstel om my mense te wees, maar hulle weier om enigiets met My te doen te hê,” sê die Here. Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê: “Ek sal hulle toets vir suiwerheid soos ’n mens met metaal maak wat jy deur ’n smeltoond laat gaan. Ek kan niks anders doen as my volk so verkeerd maak nie. Hulle tong is soos giftige pyle. Met hulle leuens bedrieg hulle ander mense. Hulle praat met mekaar asof hulle vriende is, maar in hulle hart maak hulle planne om van mekaar ontslae te raak. Behoort Ek hulle nie oor hierdie manier van dink en doen te straf nie?” vra die Here. “Ja, Ek sal wraak neem op hierdie nasie.” “Ek huil omdat daar nie meer weiding vir die diere teen die hange van die berge is nie. Die ou weivelde lê ook verwaarloos en niemand gebruik dit meer nie. My hart is stukkend daaroor. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste se gebulk nie. Selfs die voëls en die wilde diere het almal padgegee.” Die Here sê: “Ek sal Jerusalem soos ’n bouval maak. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die stede van Juda sal leegloop, want niemand sal meer daarin bly nie.” Ek vra toe: “Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom al hierdie dinge gebeur? Het U dit vir iemand gesê wat dit aan ander mense kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eens wil waag om daardeur te gaan nie?” Die Here het geantwoord: “Die stad lyk so omdat my mense nie my voorskrifte volg nie. Hulle het geweier om te lewe soos Ek gesê het hulle moet. Om die waarheid te sê, hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het gebuig voor die beelde van die god Baäl soos hulle by hulle voorouers geleer het.” Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “Kyk, Ek sal hulle bitter kruie gee om te eet en gif om te drink. Ek sal hulle onder ’n klomp nasies versprei. Hulle sal vreemdelinge in hierdie lande wees, want nie hulle of hulle voorouers het hierdie nasies vroeër geken nie. Selfs daar sal hulle nie wegkom nie. Ek sal hulle vyande hulle laat agtervolg totdat daar net mooi niks van hulle oorbly nie.” Die Here het ook gesê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is. Roep al die mense wat gewoonlik by begrafnisse huil, bymekaar. Ook dié wat treurige liedere kan sing. Hulle moet gou maak en met hulle gehuil begin. So sal hulle ons kan help om ook baie droewig te huil. Uit Jerusalem kan ’n mens die desperate gehuil van die mense van die stad hoor. Hulle roep uit: ‘Dit is klaar met ons! Ons is tot die grond toe verneder! Ons is uit die land gedryf en ons huise is platgeslaan.’” Die vroue van die land moet luister wat die Here te sê het. Hoor baie mooi wat Hy sê: “Julle moet julle dogters leer om hartseer te word. Verder moet die vroue mekaar leer om liedere te sing wat by dood en begrafnis sal pas. En as hulle vra hoekom hierdie soort liedere geleer moet word, is die antwoord: ‘Die dood het deur die venster in ons huis ingekom. Daar is nie meer kinders wat in die strate kan speel of jongmense wat by die stadspleine bymekaar kan kom nie.’” Jy moet sê, die Here sê: “Die lyke van mense sal oral op die oop velde lê soos mis. Dit sal ook lyk soos die bondels graan op die landerye nadat dit afgeoes is. Niemand sal dit bymekaarmaak nie. Net so sal daar absoluut niemand oor wees om die mense te begrawe nie.” Die Here sê: “’n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is; hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie. As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een goeie rede, en dit is dat hulle insig het en My ken. Ek is die Here wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Ek julle liefhet, sal Ek julle nie in die steek laat nie. Dit is wat Ek van julle verwag. Dit sal My baie bly maak,” sê die Here. Die Here sê: “Daar kom ’n tyd dat Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Ek kyk na mense se gesindheid en stel nie in die uiterlike tekens alleen belang nie. Al Israel se bure is sulke mense wat Ek sal straf, die mense van Egipte, Edom, Amnon en Moab. Natuurlik die mense van Juda ook! Geeneen van hierdie buurnasies van Juda het die uiterlike tekens aan hulle liggaam om te bewys dat hulle deel van die mense van die Here is nie. Die mense van Juda se doen en late wys nie dat hulle aan die Here behoort nie. Hulle is ontrou aan die Here.”

JEREMIA 9:3-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Hulle span hulle tong soos ’n boog om leuens af te vuur. Hulle praat nie die waarheid nie. Die onreg wat hulle doen, raak net al hoe erger en erger. Hulle gee niks meer om vir My nie,” sê die HERE. “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of volksgenote vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar. Vriende lieg en bedrieg mekaar en praat nie die waarheid nie; hulle het hulle tonge geleer lieg. Hulle kan nie ophou sondig nie. Hulle hou net aan om leuen op leuen te vertel. Hulle weier om enigiets met My te doen te hê,” sê die HERE. Daarom sê die HERE, die Almagtige: “Ek sal hulle in ’n smeltoond sit en hulle suiwer soos metaal. Eintlik laat my volk My geen ander keuse as om dit te doen nie. Hulle tonge is soos giftige pyle. Hulle praat baie vriendelik met hulle vriende, maar in hulle harte beplan hulle hulle ondergang. Behoort Ek hulle nie daaroor te straf nie?” vra die HERE. “Behoort Ek My nie op ’n nasie soos hierdie te wreek nie?” “Ek sal huil en kla oor die berge en die weivelde van die woestyn. Hulle is verlate, sonder enige teken van lewe. ’n Mens hoor ook nie meer die beeste bulk nie. Selfs die voëls het gevlug en die wilde diere is weg. “Ek sal Jerusalem maak tot ’n bouval. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die dorpe van Juda sal spookdorpe wees, want niemand sal meer daar bly nie.” Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom hierdie dinge gebeur? Vir wie het U onderrig sodat hy dit weer vir iemand anders kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eers wil waag om daardeur te gaan nie? Die HERE het geantwoord: “Dit is omdat my mense weier om my voorskrifte wat Ek vir hulle gegee het, te volg. Hulle weier om na My te luister en volgens my voorskrifte te lewe. Hulle is hardkoppige mense wat net doen wat hulle wil. Hulle het die Baäls aanbid soos hulle by hulle voorouers geleer het.” Luister wat die HERE, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Kyk! Ek sal hulle bitter kruie gee om te eet en gif om te drink. Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nóg hulle nóg hulle voorouers geken het. Ek sal hulle met die swaard agtervolg totdat Ek hulle heeltemal uitgewis het.” Die HERE, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing. “Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë. Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat, en ons huise het puinhope geword.’” Vroue, luister na die woorde van die HERE. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters ’n treurlied, leer hulle om klaagliedere te sing. Want die dood het ons huise binnegekom deur die vensters. Kinders speel nie meer in die strate nie. Jongmense kom nie meer bymekaar op die stadspleine nie. Jy moet sê: Die HERE sê: “Lyke sal oral soos mis op die oop velde lê. Dit sal lyk soos bondels graan wat afgeoes is. Niemand sal oorbly om hulle te begrawe nie.” Die HERE sê: “Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie. Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie. Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die HERE is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak. Ek, die HERE, het dit gesê!” Die HERE sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Dit is die mense van Egipte, Edom, die Ammoniete, Moab en die woestynbewoners wat in afgeleë plekke woon. Want al hierdie volke is onbesnede. Selfs die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”