JEREMIA 38:7
JEREMIA 38:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Kussiet Ebed-Melek, 'n paleisbediende, het gehoor dat hulle vir Jeremia in die put gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit
JEREMIA 38:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, 'n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het — die koning het toe in die Benjaminspoort gesit
JEREMIA 38:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ebed-Melek, 'n Kussiet wat ontman was en in die paleis gewerk het, het gehoor dat Jeremia in die put gesit is. Die koning het toe in die Benjaminpoort gesit
JEREMIA 38:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ebed-Meleg, die Kussiet, 'n eunug wat in die paleis was, het gehoor dat hulle Jeremia in die opgaarput geplaas het. Terwyl die koning in die Benjaminpoort sit
JEREMIA 38:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, een van die eunugs wat in die huis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gesit het; die koning het toe in die poort van Benjamin gesit