JEREMIA 29:13-14
JEREMIA 29:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal My soek en julle sal My kry, want julle sal My soek met julle hele hart. Ek sal julle help om My te kry, en Ek sal dit weer goed laat gaan met julle. Ek sal julle bymekaarmaak uit al die volke en uit al die plekke waarnatoe Ek julle laat gaan het, en Ek sal julle terugbring hier na die plek van waar Ek julle laat wegvat het. Dit sê die Here
JEREMIA 29:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
JEREMIA 29:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.
JEREMIA 29:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg. Ek sal My deur julle laat vind,” is die uitspraak van die HERE, “en Ek sal julle lot verander en julle bymekaarmaak uit al die nasies en al die plekke waarheen Ek julle verdryf het,” is die uitspraak van die HERE, “en Ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”
JEREMIA 29:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle sal My soek en My vind, wanneer julle My met julle hele hart soek. En Ek sal deur julle gevind word, spreek die HERE; en Ek sal julle gevangenskap afwend en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal jou terugbring na die plek waar Ek jou in ballingskap weggevoer het.
JEREMIA 29:13-14 Die Boodskap (DB)
As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom. Julle sal julle doel bereik deurdat Ek die taal van julle hart sal verstaan. Ek verstaan wat julle graag wil hê. Ek sal sorg dat julle nie langer as gevangenes in ’n ander land sal bly nie. Ek sal julle wegvat tussen al die nasies waar julle nou is. Dit is so dat Ek die rede is dat julle daar in die vreemde sit, maar Ek sal julle na julle eie land toe terugbring,” sê die Here.
JEREMIA 29:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die HERE. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die HERE. “Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.”