JEREMIA 24:6-7
JEREMIA 24:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal hulle oppas en hulle sal aan My behoort. Ek sal hulle terugbring na hierdie land. Ek sal hulle bou, Ek sal hulle nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, Ek sal hulle nie uittrek nie. Ek sal hulle harte verander sodat hulle My kan ken, want Ek is die Here. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkom met hulle hele hart.
JEREMIA 24:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie. En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
JEREMIA 24:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir hulle beswil sal Ek my oog oor hulle hou en Ek sal hulle na hierdie land toe terugbring. Ek sal hulle opbou, nie afbreek nie, Ek sal hulle plant, nie uitruk nie. Ek sal hulle die insig gee om My te ken. Ek is die Here! Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, want hulle sal heelhartig na My toe terugkom.
JEREMIA 24:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal my oog welwillend oor hulle hou en hulle laat terugkeer na hierdie land. Ek sal hulle bou en nie afbreek nie; Ek sal hulle plant en nie uitruk nie. Ek sal aan hulle harte gee om My te ken, dat Ek die HERE is. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal na My terugkeer met hulle hele hart.
JEREMIA 24:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Ek sal my oog ten goede op hulle rig en hulle na hierdie land terugbring; en Ek sal hulle bou en hulle nie afbreek nie; en Ek sal hulle plant en hulle nie uitruk nie. En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal met hul hele hart na My terugkeer.
JEREMIA 24:6-7 Die Boodskap (DB)
Maar Ek sal ’n ogie oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hulle land toe laat terugkom. Soos ’n mens ’n gebou opbou, so sal Ek met die mense maak wat terugkom uit Babel. Ek sal sorg dat dinge weer vir hulle begin regkom. Ek sal hulle nie weer afbreek nie. Dit sal wees asof Ek hulle ’n nuwe volk maak. Ek sal hulle nie laat ophou bestaan nie. Ek sal hulle weer mense maak wat sal erken dat Ek die Here is. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My alleen dien en niemand anders nie.”
JEREMIA 24:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal ’n oog oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hierdie land toe laat terugkom. Ek sal hulle herstel en nie weer afbreek nie. Ek sal hulle nie ontwortel nie, maar hulle plant. Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die HERE te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.