JEREMIA 20:9
JEREMIA 20:9 Bybel vir almal (ABA)
En wanneer ek dink ek sal U vergeet en ek sal nie u profeet wees nie, dan brand dit soos 'n vuur binne-in my. Ek probeer stilbly, maar ek is moeg, ek kan nie meer nie.
JEREMIA 20:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.
JEREMIA 20:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.
JEREMIA 20:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het al gesê: “Ek sal nie aan Hom dink nie, nie meer in sy Naam iets sê nie.” Maar dan word dit in my hart soos 'n vuur wat brand, vasgevang in my gebeente! Ek het my moeg gemaak om dit binne te hou, maar ek kon nie.
JEREMIA 20:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê ek: Ek sal nie van hom melding maak nie en ook nie meer in sy Naam spreek nie. Maar sy woord was in my hart soos 'n brandende vuur wat in my gebeente opgesluit was, en ek was moeg van verdraagsaamheid, en ek kon nie bly nie.
JEREMIA 20:9 Die Boodskap (DB)
Ek het al by myself gedink ek sal niks van die Here sê of namens Hom praat nie. Maar ek kan net nie ophou nie. Die boodskap van die Here brand in my binneste soos ’n vuur. Dit is soos vuur wat in my liggaam ingehok is. Ek probeer so hard as wat ek kan om dit binne te hou, maar ek kan nie.