JEREMIA 2:5
JEREMIA 2:5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here vra: “Wat het Ek verkeerd gedoen teen julle voorvaders? Hoekom het hulle weggegaan van My? Hoekom het hulle saam met afgode geloop, afgode wat niks beteken nie? So het julle voorvaders self niks geword.
JEREMIA 2:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
JEREMIA 2:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Waarin het Ek gefaal dat julle voorvaders van My af weggedraai het, dat hulle nikswerd afgode gedien het en so self niks geword het?
JEREMIA 2:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Watter onreg het julle voorouers by My gevind, dat hulle hulle aan My onttrek het, nuttelose afgode gevolg en self nutteloos geword het?
JEREMIA 2:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Watter ongeregtigheid het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My af weggegaan het en agter nietigheid aan gewandel en nietig geword het?