JEREMIA 18:4-6
JEREMIA 18:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.
JEREMIA 18:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet vir die mense sê die Here sê: Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen.
JEREMIA 18:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk — soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker — maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
JEREMIA 18:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het onder die hand van die pottebakker misluk. Hy het toe 'n ander houer gemaak, soos die pottebakker dit goed gedink het om te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom: “Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die HERE. “Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.
JEREMIA 18:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die voorwerp wat hy van klei gemaak het, was in die hand van die pottebakker ontsier; daarom het hy dit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit goed was in die oë van die pottebakker om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: O huis van Israel, kan Ek nie met julle doen soos hierdie pottebakker nie? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker is, so is julle in my hand, o huis van Israel!
JEREMIA 18:4-6 Die Boodskap (DB)
Maar die pot wat hy besig was om te maak was nie reg volgens sy smaak nie. Hy het toe die klei weer inmekaargedruk totdat dit ’n bol was. Daarna het hy weer begin om ’n nuwe pot te vorm wat was soos hy dit wou hê. Die Here het toe vir my ’n boodskap gegee wat met die klei te doen gehad het. Hy het gevra: “Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei gemaak het nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker is om daarmee te maak net wat hy wil, so is julle in my hande.
JEREMIA 18:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die pot waarmee hy besig was, was nie ’n sukses nie. Hy het toe die klei inmekaargedruk en weer begin om ’n nuwe pot te vorm soos hy dit wou hê. Die HERE het toe vir my ’n boodskap gegee. Hy het gevra: “O Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei maak nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande.