JEREMIA 18:18
JEREMIA 18:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê hulle: “Kom, laat ons planne beraam teen Jeremia, want onderrig deur priesters, raad van wyses en openbarings deur profete sal nie verlore wees nie. Kom ons val hom aan met die tong, sodat ons nie verder aandag aan sy woorde hoef te gee nie. ”
JEREMIA 18:18 Die Boodskap (DB)
Toe het die mense gesê: “Kom ons maak ’n plan om Jeremia se mond toe te kry. Ons het mos die priesters wat ons kan leer wat die Here van ons wil hê. Verder het ons verstandige mense wat vir ons raad kan gee en mense wat die Here se boodskappe vir ons kan gee. Kom ons versprei slegte stories oor Jeremia en steur ons nie aan wat hy te sê het nie.”
JEREMIA 18:18 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Juda het gesê: “Ons moet 'n plan maak teen Jeremia. Ons moet slegte dinge oor hom vir die mense vertel, ons moenie bekommerd wees oor wat hy sê nie. Daar sal altyd priesters wees om vir ons te leer, en wyse mense om vir ons te vertel wat ons moet doen, en profete wat vir ons sê wat die Here sê.”
JEREMIA 18:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of 'n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.
JEREMIA 18:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die mense het gesê: “Kom ons maak 'n plan met Jeremia. Daar sal altyd priesters wees om ons die wil van die Here te leer en wyse manne wat vir ons raad kan gee en profete by wie ons die boodskappe van die Here kan hoor. Kom ons voer 'n skinderveldtog teen hom en ons steur ons nie aan wat hy sê nie.”
JEREMIA 18:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê hulle: Kom laat ons planne teen Jeremia beraam; want die wet sal nie vergaan van die priester nie, ook geen raad van die wyses of die woord van die profeet nie. Kom, laat ons hom met die tong slaan, en laat ons op geen van sy woorde ag slaan nie.
JEREMIA 18:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het die mense gesê: “Kom ons beraam planne teen Jeremia. Ons het mos priesters wat vir ons die gebooie kan leer, wyse mense wat ons met raad kan bedien en profete wat vir ons boodskappe kan gee. Kom ons versprei slegte stories oor hom en steur ons nie aan wat hy sê nie.”