JEREMIA 17:5-7
JEREMIA 17:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek vervloek die man wat weggaan van My, die man wat dink dat 'n mens wat kan sterf, hom kan help en hom sterk kan maak. So iemand sal word soos 'n bossie in 'n plek waar dit nie reën nie, 'n bossie wat altyd in die warm son staan en in 'n klip-woestyn groei, in sout-grond waar niks lewe nie.” Die Here sal die man seën wat glo dat die Here hom sal help en hom sal beskerm.
JEREMIA 17:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.
JEREMIA 17:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie. Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is
JEREMIA 17:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Vervloek is die man wat op mense vertrou, wat in mense sy krag vind, maar sy hart draai van die HERE weg. Hy sal wees soos 'n jenewerstruik in die Araba; hy sal dit nie opmerk wanneer die goeie kom nie. Hy sal tuis wees op dor plekke in die woestyn, op brak grond waar niemand woon nie. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, wie se vertroue die HERE is.
JEREMIA 17:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak en wie se hart van die HERE afwyk. Want hy sal wees soos 'n heide in die woestyn, en sal nie sien as die goeie kom nie; maar sal die dor plekke in die woestyn bewoon, in 'n soutland en onbewoon. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou en wie se hoop die HERE is.
JEREMIA 17:5-7 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met iemand wat nie op My vertrou nie, maar op ander mense. Mense is ook maar net vleis en bloed. Die een of ander tyd gaan hulle dood. So iemand is soos ’n bossie in die droë veld. Die bossie staan in ’n droë deel van die woestyn, in dooierige grond. Dit is ’n gebied waar niemand regtig kan bly nie. Die toekoms lyk glad nie goed vir so ’n mens nie. Maar dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.
JEREMIA 17:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê: “Daar rus ’n vloek op dié wat hulle vertroue stel in gewone mense, en nie op die HERE vertrou nie. Hulle is soos bossies in die woestyn met geen vooruitsig vir die toekoms nie. Hulle sal woon in ’n verskroeide woestyn, op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie. “Maar gelukkig is dié mense wat op die HERE vertrou en hulle verwagting in Hom stel.