JEREMIA 12:1
JEREMIA 12:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Regtig is U, o HERE, as ek met U pleit; laat my tog met U oor u oordele spreek: waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? waarom is hulle almal bly wat baie verraderlik handel?
JEREMIA 12:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
HERE, U behandel my altyd regverdig as ek ’n klagte na U toe bring. Maar nou wil ek my saak stel: Hoekom gaan dit goed met slegte mense? En hoekom is oneerlike mense so gelukkig?
JEREMIA 12:1 Bybel vir almal (ABA)
Here, wanneer ek by U kla oor wat U doen, dan is U altyd reg en U doen altyd wat reg is, maar nou wil ek vra: Hoekom gaan dit goed met mense wat verkeerd doen en wat ontrou is aan U?
JEREMIA 12:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
REGVERDIG is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?
JEREMIA 12:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal my saak vir U stel, want U is regverdig, Here. Ek sal punt vir punt my saak voor U lê: Waarom is die goddelose mense voorspoedig en het die ontrou mense geen sorge nie?