JEREMIA 11:14
JEREMIA 11:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
En jy, Jeremia, moenie vir hierdie volk bid nie, moenie vir hulle pleit of bid nie, want as jy My aanroep wanneer die ramp hulle tref, sal Ek nie luister nie.
JEREMIA 11:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Jeremia, jy moenie meer vir hierdie mense bid nie. Dit sal nie help dat jy huil en by My pleit vir hulle nie, want Ek sal nie luister as hulle in die moeilikheid is en na My roep om hulp nie.
JEREMIA 11:14 Bybel vir almal (ABA)
En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My vra om hulle te help nie, want Ek sal nie luister wanneer hulle My roep nie, Ek sal nie hulle swaarkry wegvat nie.
JEREMIA 11:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.
JEREMIA 11:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
En jy, Jeremia, moenie vir hierdie volk bid nie, moenie vir hulle pleit of bid nie, want as jy My aanroep wanneer die ramp hulle tref, sal Ek nie luister nie.
JEREMIA 11:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En jy, jy moenie vir hierdie volk bid nie; moenie vir hulle 'n klaagroep, 'n gebed opstuur nie, want Ek luister nie wanneer hulle na My roep vanweë die ramp wat hulle tref nie.
JEREMIA 11:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bid dan nie vir hierdie volk nie, en hef nie 'n geroep of gebed vir hulle op nie, want Ek sal hulle nie verhoor in die tyd dat hulle na My roep oor hulle benoudheid nie.