RIGTERS 6:24
RIGTERS 6:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Gídeon daar 'n altaar vir die HERE gebou en dit genoem: JaHWeH, vrede; tot vandag toe is dit nog in Ofra van die Abiësriete.
RIGTERS 6:24 Bybel vir almal (ABA)
Gideon het daar 'n altaar gebou vir die Here. Hy het die altaar genoem: “Die Here het gesê ek moenie bekommerd wees nie.” Daardie altaar is nog in Ofra, die familie Abiëser woon daar.
RIGTERS 6:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe bou Gídeon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
RIGTERS 6:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon het net daar 'n altaar vir die Here gebou en dit genoem: “Die Here gee rus!” Die altaar staan vandag nog in Ofra van die Abiësriete.
RIGTERS 6:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gideon het toe daar 'n altaar vir die HERE gebou en dit genoem “Die HERE is vrede”. Tot vandag toe is dit nog daar in Ofra, wat aan die familie van Abiëser behoort.