RIGTERS 3:7-31

RIGTERS 3:7-31 Die Boodskap (DB)

Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid. Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Otniël. Hy was Kaleb se jonger broer Kenas se seun. Die Gees van die Here het van hom besit geneem en hy het Israel se leier geword. Hy het teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië oorlog gemaak en hom met die hulp van die Here verslaan. Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land, en toe is Otniël seun van Kenas dood. Die Israeliete het later weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Toe het die Here hulle in koning Eglon van Moab se mag oorgegee. Eglon het kragte saamgesnoer met die Ammoniete en die Amalekiete en saam het hulle Israel verslaan en Jerigo ingeneem. Die Israeliete was toe agtien jaar lank die onderdane van koning Eglon van Moab. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Ehud seun van Gera uit die stam van Benjamin. Ehud was linkshandig. Die Israeliete het hom met die belastinggeld na koning Eglon van Moab toe gestuur. Ehud het vir hom ’n swaard van 50 sentimeter lank gemaak en al twee kante van die swaard vlymskerp gemaak. Hy het die swaard aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak. Toe het hy die belastinggeld vir koning Eglon, wat ’n baie vet man was, gevat. Nadat Ehud die belastinggeld aan die koning oorhandig het, het hy die mense wat dit gedra het, teruggestuur huis toe. Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!” Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit. Ehud het toe nader aan die koning gestap waar hy alleen in sy koel bovertrek gesit het, en vir hom gesê: “Ek het ’n boodskap van God af vir u.” Die koning het dadelik van sy troon af opgestaan en Ehud het met sy linkerhand die swaard, wat hy aan sy regterkant onder sy klere weggesteek het, uitgetrek en Eglon in sy maag gesteek. Die hele swaard, hef en al, het in die koning se maag ingegaan sodat die vet daaroor gepeul het. Die swaard het vasgesit en Ehud het dit net so in die koning gelos. Hy het die deure van die bovertrek toegemaak en gesluit. Daarna is hy met ’n ander uitgang daar uit. Na ’n ruk het Eglon se amptenare teruggekom. Toe hulle voel die deure is gesluit, het hulle gedink die koning is in die badkamer. Hulle het geduldig gewag, maar toe die koning te lank na hulle sin vat, het hulle bekommerd geraak, ’n sleutel gaan haal en die deur oopgesluit, net om die koning dood op die vloer aan te tref. Intussen het Ehud ontsnap. Hy is verby die klipbeelde op pad Seïra toe. Met sy aankoms in die bergagtige gebied van Efraim het hy die trompet laat blaas om die soldate bymekaar te maak vir oorlog. Die Israeliete het na hom toe gekom, en hy was hulle leier. “Kom saam met my,” het hy vir hulle gesê, “want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met Ehud daar weg. Hulle het al die vlak dele van die Jordaanrivier toegemaak sodat niemand van Moab af daar kon deurkom nie. Hulle het toe die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle beste troepe doodgemaak. Hulle het niemand laat wegkom nie. Israel het Moab daardie dag onderwerp. Daarna was daar 80 jaar lank vrede in die land. Na Ehud het Anat se seun Samgar Israel van die Filistyne gered deur 600 van hulle met ’n sweep dood te slaan.

RIGTERS 3:7-31 Bybel vir almal (ABA)

Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het hulle God die Here vergeet en hulle het die Baäls en Asjeras gedien. Die Here het baie kwaad geword vir die Israeliete. Hy het Kusan-Risatajim gehelp om 'n oorlog te wen teen die Israeliete. Kusan-Risatajim was die koning van die Arameërs wat tussen die Eufraat-rivier en die Tigris-rivier gewoon het. Die Israeliete het Kusan-Risatajim ag jaar lank gedien. Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het toe vir die Israeliete 'n redder gestuur om hulle te red. Die redder was Otniël. Hy was die seun van Kaleb se jongste broer Kenas. Die Gees van die Here het in Otniël gekom. Hy het die leier van die Israeliete geword, en hy het teen Kusan-Risatajim oorlog gemaak en hom oorwin. Die Here het vir Otniël gehelp om dit te doen. Daar was 40 jaar lank vrede in die land. Daarna het Otniël seun van Kenas gesterf. Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Daarom het die Here vir Eglon, die koning van die Moabiete, sterker laat word as die Israeliete. Eglon het die Ammoniete en Amalekiete saam met hom gebring, en hy het die stad Jerigo oorwin, die stad waar baie palmbome gegroei het. Die Israeliete het koning Eglon van Moab 18 jaar lank gedien. Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het toe vir die Israeliete 'n redder gestuur om hulle te red. Die redder was Ehud. Hy was die seun van Gera, 'n Benjamin-man. Ehud was links. Die Israeliete het hom gestuur om die belasting vir koning Eglon van Moab te bring. Ehud het toe vir homself 'n swaard gemaak, die swaard se lem was altwee kante skerp. Dit was 'n kort swaard. Ehud het die swaard op sy regter-heup aan sy belt vasgemaak onder sy klere. Toe het Ehud die belasting vir koning Eglon van Moab gebring. Eglon was baie vet. Toe Ehud die belasting klaar vir die koning gegee het, het hy die mense teruggestuur wat die belasting-geld gedra het. Hyself het omgedraai by die beelde naby Gilgal. Hy het teruggegaan na die koning toe en vir hom gesê: “Koning, ek moet vir jou iets sê, maar dit is 'n geheim.” Die koning het toe gesê almal wat by hom was, moet uitgaan. Hulle het dit gedoen. Die koning was in sy koel bo-kamer waar ander mense gewoonlik nie gekom het nie. Ehud het vir die koning gesê: “Ek bring vir jou 'n boodskap van God.” Toe die koning opstaan van sy stoel, het Ehud met sy linker-hand die swaard van sy regter-heup gevat. Hy het dit so diep in die koning se maag gesteek dat die vet die swaard toegemaak het. Ehud het nie die swaard weer uitgetrek nie. Hy het die deur van die bo-kamer gesluit en deur 'n venster geklim, en hy het by die voordeur uitgegaan. Nadat Ehud weggegaan het, het die amptenare van die koning gekom en gesien die deur van die bo-kamer is toe. Hulle het gedink die koning sit op die toilet in die koel kamer. Hulle het baie lank gewag en het nie geweet wat om te doen nie. Niemand het die deur oopgemaak nie. Hulle het 'n sleutel gebring en die deur oopgemaak. En toe lê hulle koning daar dood op die vloer. Omdat die amptenare so lank gewag het, kon Ehud weghardloop. Hy het verby die beelde gegaan en hy het na die plek Seïra gegaan. Toe hy daar kom, het hy die ramshoring geblaas op die Efraim-berge. Die Israeliete het uit die berge gekom en hulle het saam met hom gegaan. Hy het voor gehardloop en hy het vir hulle gesê: “Hardloop saam met my, want die Here sal julle vandag laat wen teen julle vyande, die Moabiete.” Die Israeliete het saam met Ehud gegaan en hulle het manne laat staan by die driwwe in die Jordaan-rivier tussen die land Israel en die land Moab. Die manne moes keer dat niemand deurgaan nie. Die Israeliete het die Moabiete oorwin en hulle het omtrent 10 000 manne doodgemaak. Die manne was almal vet, en elke man was 'n goeie soldaat. Die Israeliete was van daardie dag af 'n sterker volk as die Moabiete. Daar was 80 jaar lank vrede in die land. Ná Ehud het Samgar die leier geword. Hy was die seun van Anat, en hy het 600 Filistyne doodgemaak met 'n skerp stok. So het hy ook die Israeliete gered.

RIGTERS 3:7-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien. Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien. Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het. Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Ótniël, die seun van Kenas, het gesterwe. EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE; en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Ámalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem. En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien. Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab. En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord; en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was 'n baie vet man. En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg; maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe. En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan, steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik, sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het. Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel. Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer. En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar — hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond! Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap. En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit. Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie. En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie. So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus. Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.

RIGTERS 3:7-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Here hulle God vergeet en die Baäls en die gewyde pale gedien. Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete. Hy het hulle oorgegee in die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was ag jaar sy onderdane. Toe het die Israeliete tot die Here geroep, en Hy het vir hulle 'n redder na vore laat kom wat hulle gered het. Hy was Otniël seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb. Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer. Otniël het oorlog gemaak teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië, en die Here het hom oorgegee in die mag van Otniël. Hy het vir Kusan-Risatajim verslaan. Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land, en toe is Otniël seun van Kenas dood. Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle laat kry omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here. Eglon het die Ammoniete en ook vir Amalek by hom laat aansluit, en hulle het die Israeliete gaan verslaan en die Palmstad verower. Die Israeliete was agtien jaar lank die onderdane van koning Eglon van Moab. Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het 'n redder vir hulle na vore laat kom, Ehud seun van Gera, 'n Benjaminiet. Ehud was links, en die Israeliete het hom met die belasting gestuur na koning Eglon van Moab toe. Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, 'n halwe meter lank en aan albei kante geslyp. Hy het dit aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak. Hy het die belasting oorhandig aan koning Eglon van Moab, 'n baie vet man. Nadat Ehud die belasting oorhandig het, het die koning die mense wat dit gebring het, laat vertrek, maar Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “Koning Eglon, ek het 'n geheime boodskap om vir u te gee.” Toe sê die koning: “Laat ons alleen,” en al sy amptenare het van hom af weggegaan. Ehud het nader gekom na die koning toe waar hy gesit het in sy koel bovertrek wat net vir hom bedoel was, en vir hom gesê: “Ek het 'n boodskap van God vir u.” Hy het toe opgestaan van sy troon af, en Ehud het sy swaard van sy regterheup af met sy linkerhand gegryp en vir Eglon in sy maag gesteek. Die hef het saam met die lem in sy maag ingegaan en die vet het oor die swaard gepeul, sodat Ehud dit nie kon uittrek nie. Hy het toe deur 'n geheime uitgang en deur die voorportaal uitgegaan nadat hy die deur van die bovertrek toegetrek en gesluit het. Nadat hy uit is, het Eglon se amptenare gekom en toe hulle sien dat die deure van die bovertrek gegrendel is, het hulle gedink die koning is seker besig om hom te ontlas daar in die koel vertrek. Hulle het tot vervelens toe gewag, maar die koning het nie die deure van sy bovertrek oopgemaak nie, en toe hulle 'n sleutel vat en oopsluit, lê hulle koning daar dood op die vloer. En omdat hulle so lank gewag het, kon Ehud ontsnap. Hy het by Die Beelde verbygegaan en na Seïra toe gevlug. Toe hy daar kom, het hy die ramshoring op die Efraimsberge laat blaas. Die Israeliete het van daar af na hom toe gekom. Hy het hulle leier geword en vir hulle gesê: “Kom saam met my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met hom en hulle het die Jordaandriwwe na Moab toe beset en niemand daar laat deurgaan nie. By daardie geleentheid het hulle die Moabiete verslaan: omtrent tien duisend man, almal sterk en goeie soldate. Niemand het ontsnap nie. Moab is daardie dag deur Israel onderwerp, en daar was tagtig jaar lank vrede in die land. Na Ehud het Samgar seun van Anat opgetree. Hy het ses honderd Filistyne doodgeslaan met 'n stok en so vir Israel gered.

RIGTERS 3:7-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE. Hulle het die HERE hulle God vergeet en die Baäls en asjeras gedien. Toe het die toorn van die HERE teen Israel ontbrand, en Hy het hulle oorgelewer in die hand van Kusan-Risatajim, die koning van Aram-Naharajim. Die Israeliete het Kusan-Risatajim agt jaar lank gedien. Toe het die Israeliete na die HERE om hulp geroep. Hy het 'n verlosser vir die Israeliete laat opstaan, wat hulle verlos het. Dit was Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. Die Gees van die HERE het op hom gerus en hy het Israel gerig. Hy het uitgetrek om oorlog te voer, en die HERE het vir Kusan-Risatajim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan-Risatajim gekry het. Daarna het die land veertig jaar lank rus gehad. Toe het Otniël, seun van Kenas, gesterf. Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE. Die HERE het Eglon, die koning van Moab, teen Israel versterk, omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die HERE. Eglon het die Ammoniete en Amalekiete by hom byeengebring. Hy het gegaan, Israel verslaan en die Palmstad ingeneem. Daarna het die Israeliete Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien. Die Israeliete het na die HERE om hulp geroep, en die HERE het vir hulle 'n verlosser laat opstaan. Dit was Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was. Die Israeliete het hom gestuur met belasting vir Eglon, die koning van Moab. Ehud het vir hom 'n swaard gemaak met twee snykante wat 'n gomed lank was. Hy het dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord. Hy gaan bied toe die belasting aan vir Eglon, die koning van Moab. Eglon was 'n baie vet man. Nadat hy die belasting nadergebring het, het hy die manskappe wat die belasting gedra het, laat gaan. Self het hy by die afgodsbeelde wat by Gilgal is, teruggedraai. “Ek het 'n geheime boodskap vir u, o koning,” het hy gesê. Eglon het gesê: “Stilte!” waarop almal wat hom bystaan, toe uitgegaan het. Maar Ehud het na hom toe ingegaan, waar hy in die koel bovertrek sit wat vir die koning alleen bedoel was. “Ek het 'n boodskap van God vir u,” het Ehud gesê. Toe Eglon van die troon af opstaan, steek Ehud sy linkerhand uit, vat die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy maag in, sodat selfs die hef agter die lem ingaan en die vet die lem omsluit; want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie. Hy is toe by die geheime uitgang uit. Ehud het na die pilaargang uitgegaan, maar hy het eers die deure na die bovertrek agter hom toegemaak en gesluit. Hy was net uit, toe daag Eglon se dienaars op en sien: Kyk, die deure na die bovertrek is dan gesluit! Hulle sê toe: “Hy is seker maar besig om sy voete te bedek in die koel kamer.” Hulle het gewag totdat hulle verleë geraak het, maar kyk, niemand het die deure van die bovertrek oopgemaak nie. Hulle vat toe 'n sleutel en sluit oop. En daar lê hulle heer op die grond – morsdood! Ehud het ontvlug terwyl hulle bly talm het. Hy is by die afgodsbeelde oor die grens en het na Seïra ontvlug. Daar aangekom, het hy in die heuwelland van Efraim die •ramshoring laat blaas. Die Israeliete het toe saam met hom afgetrek uit die bergland, met hom aan die voorpunt. Hy het vir hulle gesê: “Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand. ” Hulle het toe afgetrek agter hom aan en die driwwe van die Jordaan na Moab beset. Niemand is toegelaat om deur te gaan nie. Hulle het Moab in dié tyd verslaan – ongeveer tienduisend man, almal stewige manne, almal bekwame manne – nie een het ontvlug nie. Op daardie dag moes Moab die knie buig voor die mag van Israel. Daarna het die land tagtig jaar lank rus gehad. Ná Ehud was dit Samgar, seun van Anat. Hy het die Filistyne verslaan, seshonderd man, met 'n osdrywerstok. Ook hy het Israel verlos.

RIGTERS 3:7-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die bosse gedien. Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan-Ristaim, die koning van Mesopotamië; En toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir die kinders van Israel 'n verlosser verwek, wat hulle verlos het, naamlik Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. En die Gees van die HERE het oor hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer en sy hand het die oorhand gekry teen Chusan-Risataim. En die land het veertig jaar rus gehad. En Otniël, die seun van Kenas, het gesterwe. En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; en die HERE het Eglon, die koning van Moab, teen Israel versterk, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE. En hy het die kinders van Ammon en Amalek by hom versamel en gegaan en Israel verslaan en die stad van palmbome in besit geneem. En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agtien jaar lank gedien. Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle 'n redder verwek, Ehud, die seun van Gera, 'n Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was; en deur hom het die kinders van Israel 'n geskenk aan Eglon, die koning van Moab, gestuur. Maar Ehud het vir hom 'n dolk gemaak wat twee rande gehad het, 'n el lank; en hy het dit onder sy kleed aan sy regterboud gegord. En hy het die geskenk na Eglon, die koning van Moab, gebring, en Eglon was 'n baie vet man. En nadat hy klaar was om die geskenk te offer, het hy die mense wat die geskenk gedra het, weggestuur. Maar hy het self teruggedraai van die steengroewe wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime boodskap aan u, o koning, wat gesê het: Bly stil. En almal wat by hom gestaan het, het van hom uitgegaan. En Ehud het na hom gekom; en hy het in 'n somerkamer gesit, wat hy alleen vir homself gehad het. En Ehud sê: Ek het 'n boodskap van God aan jou. En hy het uit sy stoel opgestaan. En Ehud het sy linkerhand uitgesteek en die dolk van sy regterboud geneem en dit in sy buik gedruk. En die hefboom het ook agter die lem ingegaan; en die vet het aan die lem toegemaak, sodat hy die dolk nie uit sy buik kon trek nie; en die vuiligheid het uitgekom. Toe het Ehud deur die voorportaal uitgegaan en die deure van die sitkamer vir hom toegesluit en dit gesluit. Toe hy uitgegaan het, het sy dienaars gekom; en toe hulle sien dat die deure van die sitkamer gesluit was, sê hulle: Waarlik, hy bedek sy voete in sy somerkamer. En hulle het gebly totdat hulle skaam was, en kyk, hy het die deure van die sitkamer nie oopgemaak nie; daarom het hulle 'n sleutel geneem en dit oopgemaak, en kyk, hulle heer het dood neergeval op die aarde. En Ehud het ontvlug terwyl hulle vertoef, en hy het verby die steengroewe gegaan en na Seïrat ontsnap. En toe hy aankom, het hy op die basuin geblaas op die berg van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die berg afgegaan, en hy voor hulle uit. En hy sê vir hulle: Volg my, want die HERE het julle vyande, die Moabiete, in julle hand gegee. En hulle het afgetrek agter hom aan en die driwwe van die Jordaan na Moab ingeneem en niemand toegelaat om deur te trek nie. En hulle het van Moab in dié tyd omtrent tienduisend man gedood, almal wellustig en almal dapper manne; en daar het geen man ontsnap nie. Daarom is Moab daardie dag onder die hand van Israel onderwerp. En die land het tagtig jaar rus gehad. En ná hom was Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osprikkel gedood het; en hy het ook Israel gered.

RIGTERS 3:7-31 Die Boodskap (DB)

Die Israeliete het dinge gedoen waarvan die Here niks gehou het nie. Hulle het die Here hulle God vergeet en die afgodsbeelde van Baäl en die heilige pale van Asjera aanbid. Hieroor was die Here kwaad vir Israel. Daarom het Hy hulle agt jaar lank in koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië se mag oorgegee. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Otniël. Hy was Kaleb se jonger broer Kenas se seun. Die Gees van die Here het van hom besit geneem en hy het Israel se leier geword. Hy het teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië oorlog gemaak en hom met die hulp van die Here verslaan. Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land, en toe is Otniël seun van Kenas dood. Die Israeliete het later weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Toe het die Here hulle in koning Eglon van Moab se mag oorgegee. Eglon het kragte saamgesnoer met die Ammoniete en die Amalekiete en saam het hulle Israel verslaan en Jerigo ingeneem. Die Israeliete was toe agtien jaar lank die onderdane van koning Eglon van Moab. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Ehud seun van Gera uit die stam van Benjamin. Ehud was linkshandig. Die Israeliete het hom met die belastinggeld na koning Eglon van Moab toe gestuur. Ehud het vir hom ’n swaard van 50 sentimeter lank gemaak en al twee kante van die swaard vlymskerp gemaak. Hy het die swaard aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak. Toe het hy die belastinggeld vir koning Eglon, wat ’n baie vet man was, gevat. Nadat Ehud die belastinggeld aan die koning oorhandig het, het hy die mense wat dit gedra het, teruggestuur huis toe. Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!” Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit. Ehud het toe nader aan die koning gestap waar hy alleen in sy koel bovertrek gesit het, en vir hom gesê: “Ek het ’n boodskap van God af vir u.” Die koning het dadelik van sy troon af opgestaan en Ehud het met sy linkerhand die swaard, wat hy aan sy regterkant onder sy klere weggesteek het, uitgetrek en Eglon in sy maag gesteek. Die hele swaard, hef en al, het in die koning se maag ingegaan sodat die vet daaroor gepeul het. Die swaard het vasgesit en Ehud het dit net so in die koning gelos. Hy het die deure van die bovertrek toegemaak en gesluit. Daarna is hy met ’n ander uitgang daar uit. Na ’n ruk het Eglon se amptenare teruggekom. Toe hulle voel die deure is gesluit, het hulle gedink die koning is in die badkamer. Hulle het geduldig gewag, maar toe die koning te lank na hulle sin vat, het hulle bekommerd geraak, ’n sleutel gaan haal en die deur oopgesluit, net om die koning dood op die vloer aan te tref. Intussen het Ehud ontsnap. Hy is verby die klipbeelde op pad Seïra toe. Met sy aankoms in die bergagtige gebied van Efraim het hy die trompet laat blaas om die soldate bymekaar te maak vir oorlog. Die Israeliete het na hom toe gekom, en hy was hulle leier. “Kom saam met my,” het hy vir hulle gesê, “want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met Ehud daar weg. Hulle het al die vlak dele van die Jordaanrivier toegemaak sodat niemand van Moab af daar kon deurkom nie. Hulle het toe die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle beste troepe doodgemaak. Hulle het niemand laat wegkom nie. Israel het Moab daardie dag onderwerp. Daarna was daar 80 jaar lank vrede in die land. Na Ehud het Anat se seun Samgar Israel van die Filistyne gered deur 600 van hulle met ’n sweep dood te slaan.

RIGTERS 3:7-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Wat die Israeliete gedoen het, was verkeerd vir die HERE. Hulle het die HERE hulle God uit hulle gedagtes geskuif en eerder die beelde van die Baäls en die gewyde pale van Asjera aanbid. Die HERE was woedend vir die Israeliete. Hy het hulle aan koning Kusan-Risatajim van Aram-Naharajim uitgelewer. Hulle was agt jaar lank sy onderdane. Die Israeliete het die HERE begin smeek om hulle te help. Hy het toe vir hulle iemand gestuur om hulle te bevry. Sy naam was Otniël, die seun van Kaleb se jonger broer Kenas. Die Gees van die HERE was in hom. Hy het Israel begin lei. Otniël het oorlog teen die Aramese koning Kusan-Risatajim gaan maak. Die HERE het Otniël die oorhand laat kry en hy het Kusan-Risatajim verslaan. Daar was toe 40 jaar lank vrede in die land. Otniël, die seun van Kenas, is later dood. Die Israeliete het toe weer dinge begin doen wat verkeerd is vir die HERE. Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle gegee omdat hulle verkeerd gemaak het. Eglon het saam met die Ammoniete en die Amalekiete Israel aangeval en Jerigo verower. Die Israeliete was agtien jaar lank onderdane van Eglon, die Moabitiese koning. Hulle het weer by die HERE begin pleit om hulle te verlos. Hy het Ehud, die seun van Gera, gestuur om hulle te bevry. Hy was ’n Benjaminiet. Ehud was links. Die Israeliete het hom met hulle belasting na koning Eglon van Moab gestuur. Ehud het vir hom ’n dolk gemaak van ’n halwe meter lank wat aan albei kante skerp was. Hy het dit onder sy klere weggesteek en dit aan sy regterkant vasgegespe. Hy het die belasting by koning Eglon van Moab afgelewer. Eglon was ’n baie vet man. Nadat Ehud die belasting afgegee het, het die koning die mense wat dit gedra het, weggestuur. Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “U Edele, ek het ’n geheime boodskap om vir u te gee.” Eglon sê toe vir hom: “Net ’n oomblik.” Hy het al sy amptenare wat om hom was, uitgestuur. Ehud het nadergestaan aan die koning waar hy in sy private koel bovertrek gesit het. Ehud het vir hom gesê: “Ek het vir u ’n boodskap van God.” Die koning het van sy troon af opgestaan. Ehud het toe met sy linkerhand die dolk van sy regterheup af uitgepluk en dit in Eglon se maag ingedryf. Ehud kon dit nie weer uitkry nie. Die koning was so vet dat die handvatsel in sy maag weggeraak het. Die koning het homself vuilgemaak. Ehud het die deure van binne gesluit en by ’n syportaal uitgesluip. Nadat hy weg is, het Eglon se amptenare teruggekom. Hulle het gesien dat die deure van die vertrek gesluit is. Hulle het vir mekaar gesê: Die koning is seker besig om die toilet te gebruik. Hulle het baie lank gewag. Toe die koning nie die deure van sy bovertrek oopmaak nie, het hulle ’n sleutel gekry en dit oopgesluit. Daar kry hulle hulle koning dood op die vloer. Omdat hulle so lank gewag het, kon Ehud ontsnap. Hy het by Die Beelde verbygegaan en na Seïra toe gevlug. Toe hy die heuwels van Efraim bereik, het hy op die ramshoring geblaas om hulle op te roep vir oorlog. Die Israeliete het uit die heuwels agter hom aan gekom. “Volg my,” het hy vir hulle gesê. “Die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag.” Hulle het hom gevolg. Hulle het beheer oorgeneem oor die Jordaandriwwe na Moab toe sodat niemand daar kon deurgaan nie. Hulle het die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle sterk en goeie soldate doodgemaak. Niemand kon wegkom nie. Moab is daardie dag aan Israel onderwerp. Daar was 80 jaar lank vrede in die land. Ná Ehud het Samgar, die seun van Anat, gekom. Hy het 600 Filistyne met ’n drywerstok doodgeslaan en Israel bevry.