RIGTERS 16:15-16
RIGTERS 16:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg en my nie vertel waarin jou groot krag lê nie.” So het sy dae lank by hom bly neul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.
RIGTERS 16:15-16 Die Boodskap (DB)
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg.” Sy het dae lank aangehou neul en kerm totdat hy dit later nie meer kon uithou nie.
RIGTERS 16:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Delila het vir hom gesê: “Jy sê jy is lief vir my, maar jy wil nie vir my die waarheid sê nie. Jy het my nou al drie maal bedrieg en jy het nie vir my gesê hoekom jy so sterk is nie.” Delila het die hele dag aangehou vra, sy het nie opgehou nie. Simson het later begin wens hy is dood.
RIGTERS 16:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê sy vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie. En omdat sy hom met haar woorde aldae gepers en by hom aangedring het, het hy so ongeduldig geword, dat hy kon sterf.
RIGTERS 16:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg en my nie vertel waarin jou groot krag lê nie.” So het sy dae lank by hom bly neul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.
RIGTERS 16:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê, ‘Ek het jou lief,’ maar jou hart is nie by my nie? Dit is die derde keer dat jy my vir die gek gehou het en nie vir my vertel het waarin jou groot krag lê nie.” En omdat sy die hele tyd met haar versoeke by hom geneul het en hom lastig geval het, het hy so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.
RIGTERS 16:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy sê vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief as jou hart nie met my is nie? U het my al drie maal gespot en my nie vertel waarin u groot krag lê nie. En dit het gebeur as sy hom daagliks met haar woorde druk en by hom aangespoor het, sodat sy siel tot die dood gekwel het
RIGTERS 16:15-16 Die Boodskap (DB)
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg.” Sy het dae lank aangehou neul en kerm totdat hy dit later nie meer kon uithou nie.
RIGTERS 16:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy kerm toe by hom: “Hoe kan jy sê jy is lief vir my, maar jy vertrou my glad nie? Drie keer het jy my al vir die gek gehou. Jy wil nog steeds nie vir my sê waarin jou krag lê nie.” So het sy dagin en daguit by hom bly neul totdat hy gevoel het hy word gek daarvan.