JAKOBUS 5:13-15
JAKOBUS 5:13-15 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer daar iemand by julle is wat swaarkry, dan moet hy bid. Wanneer daar iemand is wat bly is, dan moet hy vir die Here sing. Wanneer daar iemand by julle is wat siek is, dan moet hy die ouderlinge van die gemeente roep om na hom toe te kom. Die ouderlinge moet die Naam van die Here sê en hulle moet olyf-olie op die persoon gooi en vir hom bid. As die ouderlinge bid en glo dat die Here die siek persoon gesond sal maak, dan sal hy gesond word. Die Here sal hom laat opstaan van sy bed, en as hy sonde gedoen het, dan sal die Here sy sonde vergewe.
JAKOBUS 5:13-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
JAKOBUS 5:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
JAKOBUS 5:13-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing. As iemand van julle siek is, moet hy die ouderlinge van die •gemeente roep, sodat hulle vir hom kan bid, nadat hulle hom in die Naam van die Here met olyfolie gesalf het. Die gelowige gebed sal die sieke gesond laat word, en die Here sal hom weer oprig. En as hy sonde gedoen het, sal hy vergewe word.
JAKOBUS 5:13-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is daar iemand onder julle wat benoud is? laat hom bid. Is enige vrolik? laat hom psalms sing. Is daar iemand onder julle wat siek is? laat hy die ouderlinge van die kerk roep; en laat hulle oor hom bid en hom in die Naam van die Here met olie salf. En die gebed van die geloof sal die sieke red, en die Here sal hom oprig; en as hy sondes gedoen het, sal dit hom vergewe word.
JAKOBUS 5:13-15 Die Boodskap (DB)
Is een van julle dalk in die moeilikheid? Laat hy dan met God gaan praat. As iemand goed of gelukkig voel, moet hy liedere sing wat vertel hoe goed God vir hom is. Is een van julle siek? Hy moet die leiers in die gemeente roep om vir hom te bid. Hulle moet olie op hom sit as bewys van die teenwoordigheid en krag van God. As ’n mens God so vra en Hom vertrou, sal die Here dié persoon help. Hy sal hom nie alleen gesond maak nie, maar as hy dinge gedoen het waarvan God nie hou nie, sal God hom ook oorsien.
JAKOBUS 5:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie. Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. En ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word.