JAKOBUS 5:10-13
JAKOBUS 5:10-13 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, die profete het gesê wat die Here vir hulle gesê het, hulle is 'n voorbeeld vir julle, hulle is mense wat baie swaar gekry het en wat geduldig gewag het. Julle moet dieselfde doen soos hulle gedoen het. Ons dink dat die mense wat geduldig wag, gelukkige mense is. Julle het gehoor dat Job geduldig was, en julle het gesien wat die Here se plan met hom was. Die Here was baie jammer vir Job en Hy was baie goed vir Job. Maar die belangrikste van alles is dit: Julle moenie iets belowe en sê die hemel is die getuie nie, julle moet ook nie iets belowe en sê die aarde is die getuie nie, julle moenie iets belowe en sê enige iets is die getuie nie. Sê “ja” wanneer julle “ja” wil sê, en sê “nee” wanneer julle “nee” wil sê. As julle dit nie doen nie, dan sal God julle straf. Wanneer daar iemand by julle is wat swaarkry, dan moet hy bid. Wanneer daar iemand is wat bly is, dan moet hy vir die Here sing.
JAKOBUS 5:10-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is. Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie. Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
JAKOBUS 5:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming. My broers, dit is baie belangrik dat julle nie 'n eed moet aflê nie, nie by die hemel nie, nie by die aarde nie en ook nie enige ander eed nie. As julle “ja” sê, moet dit “ja” wees; as julle “nee” sê, moet dit “nee” wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie. As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.
JAKOBUS 5:10-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Neem as voorbeeld van lyding en geduld, broers, die profete wat in die Naam van die Here gepraat het. Kyk, ons beskou hulle wat volhard, as gelukkig. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien, en dat die Here vol medelye en ontferming is. Bo alles, my broers, moenie sweer nie – nie by die hemel nie, en nie by die aarde nie – en moet ook geen ander eed aflê nie. Maar laat julle “ja” 'n “ja” wees, en julle “nee” 'n “nee”, sodat die oordeel julle nie tref nie. As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing.
JAKOBUS 5:10-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Neem, my broeders, die profete wat in die Naam van die Here gespreek het, as 'n voorbeeld van lyding van verdrukking en van geduld. Kyk, ons ag die gelukkige wat volhard. Julle het gehoor van die lankmoedigheid van Job en die einde van die Here gesien; dat die Here baie barmhartig en barmhartig is. Maar bo alles, my broers, sweer nie, ook nie by die hemel of by die aarde of by enige ander eed nie; maar laat julle ja ja wees; en jou nee, nee; dat julle nie in die veroordeling val nie. Is daar iemand onder julle wat benoud is? laat hom bid. Is enige vrolik? laat hom psalms sing.
JAKOBUS 5:10-13 Die Boodskap (DB)
Liewe broers en susters, die manne wat in die ou dae so getrou die woord van die Here aan almal vertel het, is vir ons ’n voorbeeld van mense wat nie moed verloor het nie. Hulle het soms baie swaargekry, maar hulle het aangehou. Julle weet dat ons almal dink dat hulle regtig iets bereik het omdat hulle hulle nie van die Here se koers laat afbring het nie. Julle het mos gehoor van Job en wat die Here uiteindelik vir hom gedoen het. Dit is ’n verhaal van hoe goed en vol liefde die Here regtig is. Liewe vriende, daar is nog iets wat ek vir julle moet sê en dit is belangrik. Moenie sweer of enigiets anders doen om so te wil bewys dat julle die waarheid praat nie. Praat altyd die waarheid. As julle “ja” moet sê, sê dan “ja”, en as julle “nee” moet sê, sê dit. Dan sal julle nie by God in die moeilikheid kom nie. Is een van julle dalk in die moeilikheid? Laat hy dan met God gaan praat. As iemand goed of gelukkig voel, moet hy liedere sing wat vertel hoe goed God vir hom is.
JAKOBUS 5:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het as ’n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. My broers en susters, die belangrikste is dat julle nie moet sweer nie – nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net “ja” of “nee”, en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie. Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.