JAKOBUS 4:1-6
JAKOBUS 4:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet goed hoekom julle twis en baklei met mekaar. Dit is omdat julle so baie slegte dinge wil hê vir julleself. Die dinge wat julle wil hê, baklei met mekaar in julle harte. Julle wil baie graag dinge hê, maar julle kry dit nie, en daarom vermoor julle mense en daarom is julle jaloers op mekaar. Wanneer julle nie die dinge kan kry wat julle graag wil hê nie, dan twis en baklei julle. En julle kry nie die dinge wat julle wil hê nie, omdat julle dit nie vir God vra nie. En wanneer julle iets vir God vra, dan kry julle dit nie, omdat julle verkeerd vra. Julle vra dinge sodat julle dit kan mors saam met al die ander lekker dinge wat julle graag wil doen. Julle is slegte en sondige mense. Julle weet baie goed dat wanneer iemand 'n vriend is van die mense van die wêreld, dan is hy 'n vyand van God. Die mens wat graag 'n vriend wil wees van die mense van die wêreld, wys dat hy 'n vyand van God is. In die Ou Testament is geskryf: “ God het die lewe vir ons gegee, Hy wil ons lewe heeltemal vir Homself hê.” Julle weet dit is waar. Maar God gee vir 'n mens nog meer genade. Daarom sê God in die Ou Testament
JAKOBUS 4:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God. Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
JAKOBUS 4:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
JAKOBUS 4:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waar kom al die oorloë en gevegte onder julle vandaan? Kom dit nie van julle begeertes, wat in julle ledemate oorlog voer nie? Julle begeer, maar julle besit niks nie; julle pleeg moord, en is vol jaloesie, en julle kan niks bereik nie. Julle veg en maak oorlog, en tog het julle niks, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle op die verkeerde manier vra, sodat julle dit in julle wellus kan deurbring. Egbreeksters! Weet julle dan nie dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God beteken nie? Wie ook al 'n vriend van die wêreld wil wees, maak homself 'n vyand van God. Of dink julle dat die Skrif verniet sê dat God hunker met besitlikheid na die gees wat Hy in ons laat woon het? Maar Hy gee groter genade – daarom sê Hy: “God staan die hoogmoediges teen, maar aan die nederiges gee Hy genade.”
JAKOBUS 4:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waar kom oorloë en gevegte onder julle vandaan? kom hulle nie daarvandaan nie, selfs uit julle begeerlikhede wat in julle lede oorlog voer? Julle begeer en het nie; julle maak dood en begeer om te hê en kan nie verkry nie; julle veg en oorlog, maar julle het nie, omdat julle nie vra nie. Julle bid en ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, sodat julle dit kan verteer op julle begeerlikhede. Oubrekers en egbrekers, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap met God is nie? elkeen wat dan 'n vriend van die wêreld wil wees, is 'n vyand van God. Meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Die gees wat in ons woon, begeer tot afguns? Maar Hy gee meer genade. Daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
JAKOBUS 4:1-6 Die Boodskap (DB)
Vir wat stry en baklei julle so? Wat is verkeerd? Is dit nie omdat elkeen altyd net aan homself dink nie? Kom dit nie van daardie gevoel dat net wat vir jou lekker of belangrik is, saak maak nie? Dit is maar hoe ons as mense is. Julle wil gedurig allerhande dinge hê. As julle dit nie kry nie, is die duiwel los. Dan wil julle sommer moord pleeg. Julle gaan omtrent dood van jaloesie omdat iemand anders dit het. Op dié manier kan julle dit natuurlik nie kry nie. Om te baklei en mekaar te wil vernietig gaan julle niks in die sak bring nie. Julle het nie al daardie dinge nie, omdat julle dit op die verkeerde manier wil kry. Hoekom vra julle nie ’n slag opreg vir God nie? Julle sê dalk: “Ja, ons bid tog, maar God gee nie vir ons wat ons vra nie.” Daar is ’n goeie rede voor: julle motiewe is verkeerd. Julle vra die goed van God sodat julle dit soos stout kinders net vir julleself kan hê. Dit gaan net om julleself en om niemand anders nie. So draai julle die rug vir God en vry na die sonde. Besef julle nie dat om gedurig die verkeerde dinge te doen wat so eie aan ons as mense is, beteken om teen God te draai en sy vyand te word nie? Julle het ’n keuse. Julle kan kies om soos die mense te leef wat God nie ken nie, maar dan kies julle ook om God se vyand te word. Dink julle miskien die Skrif is sommer vir spek en boontjies geskryf? Natuurlik nie. Luister dan na wat daar staan: God wil ons lewe, wat Hy vir ons gegee het, heeltemal vir Homself hê. God gee ook vir ons baie meer as wat ons nodig het om so te leef, sonder dat ons dit verdien. Ek verwys weer na wat die Skrif sê: “God wil niks met die mense te doen hê wat dink hulle kan op hulle eie sonder God regkom nie. Maar vir daardie mense wat weet hulle is niks sonder God nie, is God baie, baie goed - meer as wat hulle ooit verdien.”
JAKOBUS 4:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Waar kom die rusies en gevegte onder julle vandaan? Is dit nie julle sondige drange wat julle ledemate soos soldate gebruik om te veg nie? Julle wil dinge hê wat julle nie het nie, en pleeg dan moord om dit te kry. Julle is jaloers oor wat ander het, en as julle dit nie in die hande kan kry nie, veg en baklei julle om dit by hulle te vat. En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie. En selfs wanneer julle vra, kry julle dit nie omdat julle motiewe verkeerd is – julle wil goed hê net om dit self te geniet. In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê: As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God stelling ingeneem. Of dink julle dat die Skrif sommer maar net sê: “God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê”? God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade.”