JAKOBUS 3:9-12
JAKOBUS 3:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Ons prys die Here en Vader met die tong, maar met dieselfde tong vloek ons mense, en God het daardie mense gemaak om te regeer in sy plek. Ons prys die Here en ons vervloek mense met dieselfde mond. My vriende, dit moenie so wees nie. Julle weet dat daar nie uit dieselfde fontein soet water én bitter water kom nie. My vriende, 'n vyeboom kan nie olywe dra nie en 'n wingerdstok kan ook nie vye dra nie, dit is seker. Dit is dieselfde: Daar kan nie soet water kom uit 'n fontein wanneer sy water sout is nie.
JAKOBUS 3:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
JAKOBUS 3:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!
JAKOBUS 3:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarmee loof ons die Here en Vader, en daarmee vervloek ons mense wat na die beeld van God geskep is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars én bitter water uitborrel nie? 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra, of 'n druiwestok vye nie? 'n Brak fontein kan ook nie soet water gee nie.
JAKOBUS 3:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarmee loof ons God, ja, die Vader; en daarmee vervloek ons mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vloek. My broers, hierdie dinge behoort nie so te wees nie. Stuur 'n fontein op dieselfde plek soet en bitter water? Kan die vyeboom, my broers, olyfbessies dra? óf 'n wingerdstok, vye? so kan geen fontein beide soutwater en vars lewer nie.
JAKOBUS 3:9-12 Die Boodskap (DB)
Hoe is dit moontlik dat ons met dieselfde tong baie mooi dinge van ons Here en Vader sê, maar omdraai en dan iemand so slegsê dat die see hom nie kan afwas nie? Is daardie persoon nie ook deur God gemaak nie? Moet ons hom nie ook met respek behandel nie?Dink net, uit dieselfde mond, met dieselfde tong, kom daar die een oomblik mooi woorde en die volgende oomblik ’n gevloek. My liewe vriende, dit behoort tog nie so te wees nie. Het jy al ’n kraan oopgedraai waar daar terselfdertyd vuil en skoon water uitloop? Vriende, het julle al na ’n perskeboom geloop om te gaan druiwe pluk, of na ’n vyeboom om perskes te soek? Net so min kan daar vuil en skoon water tegelyk uit ’n kraan loop. Dit geld vir die tong ook.
JAKOBUS 3:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie, my broers en susters! Kan ’n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Kan jy olywe van ’n vyeboom afpluk, of vye van ’n druiwestok? Net so min as wat ’n brak bron vars water kan voortbring!