JAKOBUS 3:3-5
JAKOBUS 3:3-5 Bybel vir almal (ABA)
As ons 'n stang in 'n perd se bek sit sodat hy moet doen wat ons wil hê, dan kan ons die hele perd stuur met die stang. Dit is dieselfde met seilskepe: Seilskepe is baie groot, en die sterk winde laat hulle seil op die water. Maar die kaptein gebruik net 'n baie klein roer om die skip te stuur waarnatoe hy wil gaan. Dit is dieselfde met die tong: Die tong is 'n klein deeltjie van die liggaam, maar hy spog dat hy groot dinge kan doen. 'n Klein vuurvlammetjie kan 'n groot bos aan die brand steek!
JAKOBUS 3:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.
JAKOBUS 3:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek.
JAKOBUS 3:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons sit stange in perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam, en daarmee stuur ons hulle hele liggaam. Kyk, selfs skepe, hoewel hulle so groot is en deur hewige winde aangedryf word, word met 'n baie klein roer gestuur na waar die stuurman wil. So is die tong ook 'n klein ledemaat wat op groot dinge roem. Kyk watter klein vuurtjie steek 'n groot hoop hout aan die brand!
JAKOBUS 3:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, ons sit stukke in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees; en ons draai om hulle hele liggaam. Kyk ook na die skepe, wat alhoewel hulle so groot is en deur woeste winde gedryf word, maar tog met 'n baie klein roer omgedraai word, waar die goewerneur ook al wil. Net so is die tong 'n klein lid en spog met groot dinge. Kyk, hoe groot steek 'n klein vuurtjie aan die brand!
JAKOBUS 3:3-5 Die Boodskap (DB)
Dit werk soos die stuurwiel waarmee ek ’n hele kar beheer. As ek die stuurwiel draai, draai die hele kar. Of kom ons neem ’n skip as voorbeeld. ’n Skip is massief, maar die roer waarmee die kaptein die hele skip stuur, is baie klein. Net so is die tong maar baie klein in vergelyking met die res van die liggaam. As ’n mens egter begin praat, kom jy agter wat daar regtig in die tong steek. Die tong is soos ’n klein vuurhoutjie wat ’n groot bos aan die brand kan steek. As jy lelik praat, vloek, skinder of so iets, hoef jy niks anders te doen om te wys hoe sleg jy is nie. Deur net na die tong te luister sien ’n mens sommer hoe sleg die hele mens is. Dit beduiwel jou hele lewe en alles wat jy doen. Dit help nie eintlik eens om goeie dinge te probeer doen as jou tong lelike dinge sê nie.
JAKOBUS 3:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai. So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.