JAKOBUS 2:21-22
JAKOBUS 2:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Abraham, ons voorvader, het sy seun Isak na die altaar gebring om hom te offer. Julle weet dat God hom vrygespreek het omdat hy gedoen het wat God wil hê. Nou kan jy verstaan dat Abraham gesê het hy glo in God, want hy het gedoen wat God wil hê. Ja, hy het gedoen wat God wil hê, en dít het gewys dat hy heeltemal in God glo.
JAKOBUS 2:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
JAKOBUS 2:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaardgegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.
JAKOBUS 2:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het?
JAKOBUS 2:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Was ons vader Abraham nie geregverdig deur werke toe hy sy seun Isak op die altaar geoffer het nie? Sien jy hoe geloof saamgewerk het met sy werke, en deur die werke die geloof volmaak geword het?
JAKOBUS 2:21-22 Die Boodskap (DB)
Neem nou maar vir Abraham, ons geestelike vader. Hy het bo alle twyfel bewys dat sy verhouding met God reg is toe hy sy seun Isak op die altaar wou offer soos God van hom gevra het. Hy het nie net gepraat nie, maar gedoen ook. By hom kan ons mooi sien hoe die verhouding met God en die gehoorsame lewe vir God eintlik saamwerk. Dit is soos twee kante van dieselfde munt. Eers as iemand vir God lewe, is sy verhouding met God soos dit behoort te wees.