JAKOBUS 2:14-16
JAKOBUS 2:14-16 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, dit help niks as julle sê dat julle in God glo, maar julle doen nie wat God wil hê nie. As julle so glo, dan sal dit julle nie red nie. 'n Ander gelowige het miskien nie klere nie en hy het nie elke dag genoeg kos om te eet nie, en een van julle sê miskien vir so 'n persoon: “Ek hoop dit gaan goed met jou, jy moet warm klere aantrek en genoeg eet.” Maar as julle nie vir daardie persoon gee wat hy nodig het nie, dan moet julle weet dat dit niks help nie.
JAKOBUS 2:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?
JAKOBUS 2:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
JAKOBUS 2:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? As 'n broer of 'n suster sonder klere en daaglikse kos is, en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit?
JAKOBUS 2:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy geloof het en geen werke het nie? kan geloof hom red? As 'n broer of suster naak is en gebrek aan daaglikse voedsel, En een van julle sê vir hulle: Gaan weg in vrede, word julle warm en versadig; maar julle gee hulle nie die dinge wat vir die liggaam nodig is nie; wat baat dit?
JAKOBUS 2:14-16 Die Boodskap (DB)
Liewe broers en susters, dink julle dit gaan help as iemand oral rondvertel dat hy glo, maar glad nie soos ’n gelowige optree nie? Die blote gepratery oor geloof is tog nie genoeg om so ’n mens se saak met God reg te maak nie. Luister na die volgende storie en dan sal julle verstaan wat ek bedoel. Sê nou daar is in die gemeente ’n mede-Christen, man of vrou, wat nie klere het om aan te trek of kos het om te eet nie. Een van julle sê vir die arme man of vrou: “Ek sien dit gaan sleg met jou, maar ek wens regtig dat dit sommer gou beter sal gaan. Ek hoop jy kry iets om aan te trek en kos om te eet.” Nadat hy dit gesê het, draai hy net daar om en doen nie ’n steek verder om te help met wat die arme man of vrou nodig het nie. Wat het al hierdie woorde nou miskien gehelp? Net mooi niks nie.
JAKOBUS 2:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My broers en susters, wat help dit as ’n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? Só ’n geloof kan jou nie verlos nie. Sê nou jy sien ’n Christenbroer of -suster wat kos en klere nodig het, en jy sê: “Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,” maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan?