JAKOBUS 1:7-8
JAKOBUS 1:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat twyfel, moenie dink dat die Here vir hom iets sal gee nie, so 'n mens weet nie wat hy moet besluit nie, hy weet nooit wat hy moet doen nie, hy is nie seker nie.
JAKOBUS 1:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
JAKOBUS 1:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
JAKOBUS 1:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want so 'n mens moenie dink dat hy enigiets van die Here sal ontvang nie. Hy is 'n dubbelhartige mens, onstandvastig in alles wat hy doen.
JAKOBUS 1:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want laat daardie man nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 'n Dubbelsinnige man is onbestendig in al sy weë.
JAKOBUS 1:7-8 Die Boodskap (DB)
Dit is ’n goeie voorbeeld van iets wat g’n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit?