JAKOBUS 1:6-9
JAKOBUS 1:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het
JAKOBUS 1:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer mense bid, dan moet hulle glo dat God sal gee wat hulle vra, hulle moenie twyfel nie. Want 'n mens wat twyfel, is soos die see se branders, die wind waai die branders heen en weer. Iemand wat twyfel, moenie dink dat die Here vir hom iets sal gee nie, so 'n mens weet nie wat hy moet besluit nie, hy weet nooit wat hy moet doen nie, hy is nie seker nie. 'n Gelowige wat onbelangrik en arm is, moet bly wees dat die Here dink hy is belangrik.
JAKOBUS 1:6-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid
JAKOBUS 1:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het
JAKOBUS 1:6-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel, want wie twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word. Want so 'n mens moenie dink dat hy enigiets van die Here sal ontvang nie. Hy is 'n dubbelhartige mens, onstandvastig in alles wat hy doen. Laat die broer wat gering is, hom op sy hoë aansien beroem
JAKOBUS 1:6-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar laat hy in geloof bid, sonder om te wankel. Want hy wat wankel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedryf en voortgesweep word. Want laat daardie man nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 'n Dubbelsinnige man is onbestendig in al sy weë. Laat die broeder van geringe graad hom verheug omdat hy verhewe is
JAKOBUS 1:6-9 Die Boodskap (DB)
Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg.Dit is ’n goeie voorbeeld van iets wat g’n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit? God werk anders as ons met mense. Vir Hom is daardie arm man of vrou wat in nederige omstandighede bly, baie belangrik. Vir julle met wie dit so gaan, moet dit baie moed gee. Die rykes in die groot huise moet weet dat die status wat geld gee, nie by God tel nie.
JAKOBUS 1:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie. Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.