JAKOBUS 1:6
JAKOBUS 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer mense bid, dan moet hulle glo dat God sal gee wat hulle vra, hulle moenie twyfel nie. Want 'n mens wat twyfel, is soos die see se branders, die wind waai die branders heen en weer.
JAKOBUS 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
JAKOBUS 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
JAKOBUS 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel, want wie twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word.
JAKOBUS 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar laat hy in geloof bid, sonder om te wankel. Want hy wat wankel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedryf en voortgesweep word.
JAKOBUS 1:6 Die Boodskap (DB)
Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg.