JAKOBUS 1:27
JAKOBUS 1:27 Bybel vir almal (ABA)
Die regte en die rein manier om vir God die Vader te dien, is dit: Jy moet sorg vir weeskinders en vir weduwees wat swaarkry. En 'n mens moenie dat hierdie sondige wêreld jou onrein laat word sodat jy slegte dinge doen nie.
JAKOBUS 1:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
JAKOBUS 1:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.
JAKOBUS 1:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.
JAKOBUS 1:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Reine godsdiens en onbesmet voor God en die Vader is dit: Om wees en weduwees in hulle verdrukking te besoek en Hom vlekkeloos van die wêreld te bewaar.
JAKOBUS 1:27 Die Boodskap (DB)
Laat ek vir julle sê watse soort godsdiens God ons Vader as eg en eerlik sien: as jy bereid is om dié mense te help wat nie vir hulleself kan sorg nie, maar in die nood is, is jy besig met die regte godsdiens. Maar dan moet jy ook sorg dat jou eie lewe skoon bly van al die verkeerde dinge wat ’n mens in hierdie wêreld kan doen.