JAKOBUS 1:26-27
JAKOBUS 1:26-27 Bybel vir almal (ABA)
As iemand dink dat hy vir God dien maar hy dink nie voordat hy praat nie, dan bedrieg hy homself, en dan beteken sy godsdiens niks. Die regte en die rein manier om vir God die Vader te dien, is dit: Jy moet sorg vir weeskinders en vir weduwees wat swaarkry. En 'n mens moenie dat hierdie sondige wêreld jou onrein laat word sodat jy slegte dinge doen nie.
JAKOBUS 1:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
JAKOBUS 1:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos. Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.
JAKOBUS 1:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so 'n mens se godsdiens is vergeefs. Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.
JAKOBUS 1:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand onder julle blykbaar godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy eie hart bedrieg, hierdie man se godsdiens is tevergeefs. Reine godsdiens en onbesmet voor God en die Vader is dit: Om wees en weduwees in hulle verdrukking te besoek en Hom vlekkeloos van die wêreld te bewaar.
JAKOBUS 1:26-27 Die Boodskap (DB)
Kom ons dink aan ’n voorbeeld. Iemand wat meen hy is ’n godsdienstige mens, maar wat lelik praat, baklei en skinder soos hy wil, slaan die bal baie ver mis. Hy is allesbehalwe ’n godsdienstige mens. Al die ander dinge wat hy doen om godsdienstig te probeer wees, is verniet. Laat ek vir julle sê watse soort godsdiens God ons Vader as eg en eerlik sien: as jy bereid is om dié mense te help wat nie vir hulleself kan sorg nie, maar in die nood is, is jy besig met die regte godsdiens. Maar dan moet jy ook sorg dat jou eie lewe skoon bly van al die verkeerde dinge wat ’n mens in hierdie wêreld kan doen.
JAKOBUS 1:26-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie. Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wêreld ons besmet nie.